Nuus 08:00
BULLETIN 29 Februarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa bekragtig die Wetsontwerp op Algemene Intelligensiewette
# Die minister van Arbeid kondig ‘n werkskeppingsprojek van 460-miljoen- rand in Mpumalanga aan
# En, Duitsland sê hy hoop die EU en die Verenigde State kan ‘n ooreenkoms bereik oor die Amerikaanse motorheffings
# President Cyril Ramaphosa het die Wetsontwerp op Algemene Intelligensiewette bekragtig, wat groot veranderings in intelligensiedienste meebring. Die Staatsveiligheidsagentskap sal vervang word deur twee nuwe instansies, die Buitelandse Intelligensiediens en die Binnelandse Intelligensie-agentskap, na aanleiding van aanbevelings deur die Zondo-kommissie en ‘n hoëvlak-hersieningspaneel. Die woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die wet sal die intelligensie-opleidingsakademie laat herleef, parlementêre toesig versterk, en strenger beheer oor internet-waarneming afdwing:
# Die SOS Support Public Broadcasting Coalition, Media Monitoring Africa en eTV verwelkom ‘n reuse-hofoorwinning vir toegang tot inligting en vryheid van uitdrukking. Die Hooggeregshof in Pretoria het beslis die afskakeling van analoog TV Maandag moet uitgestel word en het bevind die besluit is onregmatig en sonder behoorlike raadpleging geneem. Uyanda Siyotula van die koalisie het die regering se versuim om genoeg dekodeerders te installeer gekritiseer en sê miljoene mense sou toegang verloor het tot belangrike nuus en openbare uitsendings:
# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, sal Maandag kontrakte vir ‘n arbeidsaktiveringsprogram ter waarde van 460-miljoen-rand aan 15 vennoot-ondernemings in Mpumalanga oorhandig. Die woordvoerder, Thobeka Magcai, sê die projek het ten doel om meer as nege-duisend-600 werksgeleenthede te skep in sektore soos telekommunikasie, siviele ingenieurswese, kliëntediens, gasvryheid, landbou, vervaardiging, ondernemingsontwikkeling, en inligtingskommunikasie en tegnologie:
# Duitsland sê hy hoop die EU en die Verenigde State kan ‘n ooreenkoms bereik oor die Amerikaanse motorheffings, maar die Europese blok is gereed om terug te slaan. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het dié week 25-persent heffings op buitelandse motors, ligte vragmotors en voertuigonderdele aangekondig, wat kritiek van wêreldmoondhede ontlok en aandelemarkte laat daal het. Die heffings sal volgende Donderdag in werking tree, maar Duitsland, die grootste ekonomie in die Eurosone en ‘n groot motorvervaardiger en -uitvoerder, het gesê die Europese Unie soek “intensiewe dialoog” met die Verenigde State.
# En Sokker: Barcelona se beseerde wedstrydwenner, Dani Olmo kan vir drie weke op die kantlyn wees, wat hom van die eerste been van die Kampioene Liga kwarteindstryd teen Borussia Dortmund uitsluit. Olmo, wat ‘n dyspierbesering opgedoen het in Donderdag se 3-0 La Liga oorwinning oor Osasuna, sal die liga-kragmeting teen Girona hierdie naweek misloop, die tweede been van die Spaanse Beker halfeindstryd teen Atletico Madrid, en 9 April se wedstryd teen Dortmund. Die klub sê sy hersteltyd sal sowat drie weke wees.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….