Nuus 08:00
Bulletin Inhoud
BULLETIN 28 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus sê die uitspraak oor Kill the Boer wys menseverhoudinge het verswak
# ‘n Regter beveel die Trump-administrasie om sy Signal-groepkletsrekords te bewaar
# En motorsport: Suid-Afrika se F1-bodstuurkomitee het drie aanbiedinge ontvang
# Die Vryheidsfront Plus sê die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die apartheid-era Kill the Boer-liedjie is teleurstellend en kommerwekkend. Die hoogste hof het AfriForum se aansoek om verlof tot appèl teen vorige bevindings dat die lied nie haatspraak is nie, van die hand gewys. Die VF Plus-leier, Corné Mulder, sê wanneer ‘n land se hoogste hof die aanhitsing tot moord op ʼn minderheidsgroep goedkeur, kan en mag die betrokke minderheid nie stilbly nie:
# President Cyril Ramaphosa lewer vandag die hoofrede by die Vroue- Ekonomiese Vergadering in Sandton, Johannesburg. Die privaat sektor, burgerlike samelewing, vroue-organisasies en die regering werk saam om die Vroue- Ekonomiese Vergadering te vorm. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê dis ʼn poging om die deelname van sakeondernemings in die besit van vroue in belangrike areas van die ekonomie te fasiliteer:
# ActionSA in Tshwane sê die veelpartykoalisie se 2025/2026-konsepbegroting weerspieël ʼn verbintenis tot verantwoordelike regering. Dis die metro se eerste befondsde begroting in vier jaar. ActionSA-woordvoerder Tshepiso Modiba sê die koalisieregering moet geloof word omdat hy sy afhanklikheid van gekontrakteerde dienste met 210-miljoen-rand verminder het. Hy sê hierdie verbintenis om ʼn selfstandige stad te bou, word bewys deur die voorgestelde vyf-persent-vermindering in gekontrakteerde dienste:
# ʼn Amerikaanse federale regter het Withuisamptenare opdrag gegee om boodskappe van 11 tot 15 Maart op die Signal-boodskaptoepassing te hou. Jeffrey Goldberg van die Atlantic het Maandag berig hy is per abuis bygevoeg op ʼn Signal-groepklets saam met topamptenare van die Trump-administrasie wat ʼn aanval op die Houthi-rebellegroep in Jemen bespreek het. Regter James Boasberg se opdrag spruit voort uit ʼn hofsaak wat die drukgroep American Oversight aanhangig gemaak het waarin hulle beweer Trump-amptenare se gebruik van Signal skend federale rekordwette.
# Motorsport: Die Suid-Afrikaanse F1-bodbestuurskomitee het teen die sperdatum van 18 Maart drie aanbiedinge ontvang. Die land sal na verwagting sy amptelike tender om in 2027 ʼn Grand Prix-wedren aan te bied, in Mei vanjaar indien. Suid-Afrika het in 1993 laas ʼn wedren by Kyalami in Gauteng aangebied. Die komitee sê die aanbiedinge se beoordelingsproses sal teen die einde van April afgehandel wees. Hy voeg by die voorstelle sal aan F1-vereistes moet voldoen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-25-sent teen die dollar, 19-rand-70-sent teen die euro en 23-rand-63-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 86-duisend-838-dollar. Die prys van goud is drie-duisend–en-70-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 73-dollar-30-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….