Nuus 08:00
BULLETIN 14 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Paul Mashatile sê Suid-Afrika is ernstig om sy betrekkinge met die VSA te verbeter
# Solidariteit wil dringende loongesprekke hê om FlySafair se vlieëniers te behou
# En rugby: Cheslin Kolbe en Nadine Roos word vereer by die SA Rugby-toekennings
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika fokus daarop om verhoudinge met Amerika te verbeter en beskou die vennootskap as noodsaaklik vir die land se ekonomiese ontwikkelingsdoelwitte. Die Onteieningswet is die middelpunt van die gespanne diplomatieke betrekkinge tussen Pretoria en Washington sedert president Donald Trump weer in die Withuis is. Mashatile het by die BizNews-konferensie in die Wes-Kaap gesê verskeie rolspelers moet die regering ondersteun om die nasie se belange in Amerika te bevorder, insluitend deur meganismes soos die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika.
# Solidariteit gaan salaris-onderhandelings met FlySafair begin om vlieëniers se salarisse en werksomstandighede te verbeter en die groeiende uittog van ervare personeel te stuit. Die vakbond sê veranderings aan die lugredery se roosterstelsel het vlieëniers se lewensgehalte ernstig benadeel, wat lei tot ontevredenheid en moontlike personeelverliese. Woordvoerder Remon Viviers waarsku as die kwessies nie aandag kry nie, kan FlySafair se bedryf daaronder ly:
# Nooddienste in KwaZulu-Natal sê hulle het onbevestigde berigte ontvang van twee voertuie wat gister in ‘n rivier in Pinetown weggespoel het. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ʼn vlak ses-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën en donderstorms in verskeie dele van die provinsie. ALS Paramedics se besturende direkteur, Garrith Jamieson, het aan Newzroom Afrika gesê volgens ooggetuies het hulle gesien hoe minstens een voertuig deur die rivier meegesleur word:
# Die EFF verwelkom die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se besluit om sy sending in die Demokratiese Republiek die Kongo te staak en soldate in fases te onttrek. Die stryd teen Rwandees-ondersteunde M23-rebelle het tot die dood van minstens 19 soldate van Suid-Afrika, Malawi en Tanzanië gelei. Die soldate is in Desember 2023 ontplooi. Die EFF sê die voortslepende agteruitgang van veiligheid in die oostelike DRK, veral die besetting van Goma en Bukavu, dui op die sending se mislukking om sy doelwitte te bereik.
# Rugby: Die Springbok-vleuel Cheslin Kolbe is by die SA Rugby-toekenningsgeleentheid aangewys as mansspeler van die jaar en is die eerste agterlynspeler sedert 2013 wat die gesogte titel ontvang. Nadine Roos is aangewys as vrouespeler van die jaar. Die Bok-losskakel, Sacha Feinberg-Mngomezulu, is die jong speler van die jaar terwyl die Blitsbok, Selvyn Davids, die Sewes-speler van die jaar is. Die Springbokke en Rassie Erasmus is onderskeidelik span en afrigter van die jaar. Kolbe sê die toekenning was onverwags:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-30X-sent teen die dollar, 19-rand-84-sent teen die euro en 23-rand-68-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-151-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-985-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 70-dollar-8-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….