Nuus 08:00
BULLETIN 13 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Edward Kieswetter verwelkom die bykomende fondse om skuld in te vorder
# Zelenskyy waarsku sy vennote om nie toe te laat dat Rusland hulle mislei nie
# En krieket: Dit is die Dolphins vs Boland in die Eendagbeker-eindstryd
# Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter, verwelkom die bykomende befondsing in die nasionale begroting en sê die geld gaan gebruik word om geld wat aan die instelling verskuldig is en alle uitstaande opgawes op te volg. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana het ‘n bykomende 7,5-miljard-rand aan die diens toegeken om skuldenaars vas te vat en sy stelsels te moderniseer. Kieswetter sê sowat 800-miljard-rand is aan die inkomstediens verskuldig:
Intussen sê Build One South Africa in plaas daarvan om begrotingsbesnoeiings aan onnodige uitgawes te maak, het die regering besluit om die kwynende belastingbasis vir ‘n ekstra 28-miljard-rand se belastinginkomste vanjaar te druk. Godongwana het in gister se hersiene begroting ‘n verhoging in BTW met 0,5 persentasiepunte oor die volgende twee jaar ingesluit. BOSA se leier, Mmusi Maimane, sê die regering kon 76-miljard-rand gespaar het deur die regte besnoeiings te doen:
# Die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, verwelkom die arrestasie van ‘n veroordeelde gevangene wat uit die Maputo maksimumgevangenis ontsnap het toe onrus verlede jaar in Desember in Mosambiek uitgebreek het. Nelson Simiao Massango het saam met meer a ‘n duisend ander gevangenes ontsnap. Hy is in 2015 aan moord skuldig bevind en tot minstens 20 jaar tronkstraf gevonnis, ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê Massango is by ‘n motorhandelaar in Sandton, Gauteng aangekeer.
# President Volodymyr Zelensky doen ‘n beroep op Oekraïne se bondgenote om seker te maak Rusland mislei hulle nie oor ‘n skietstaking nie maar bedoel dit werklik. Oekraïne het ingestem tot ‘n 30-dae skietstaking na ‘n vergadering met Amerikaanse amptenare in Saoedi-Arabië vroeër die week. Amerikaanse amptenare is na wat berig word op pad na Rusland om die skietstaking met president Vladimir Putin te bespreek. Zelensky sê werk is steeds oop die diplomatieke front aan die gang om te verseker alles is gereed om druk op Rusland te plaas vir die bereiking van werklike vrede.
# Krieket: Die Dolphins is deur na die eindstryd van die Eendagbeker-eindstryd na hulle die Titans in die kwalifiserende ronde in Durban met 65 lopies geklop het. Hanu Viljoen en Eathan Bosch se 86-lopie-vennootskap het die Dolphins gehelp om 228 vir agt aan te teken. Andile Phehlukwayo het vier paaltjies laat spat. Keshave Maharaj en Tristan Luus het die Dolphins se teenaanval gelei en drie paaltjies elk laat kantel met die Titans wat vir 163 uitgeboul is. Die Dolphins kom Sondag in die Paarl teen Boland in die eindstryd te staan.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-31-sent teen die dollar, 19-rand-94-sent teen die euro en 23-rand-74-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 84-duisend-5-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-944-dollar-93-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 70-dollar-66-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….