Nuus 08:00
BULLETIN 6 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Buthelezi gaan die Verklikkerbeskermingswetsontwerp in die Parlement ter tafel lê
# President Ramaphosa onderneem ‘n tweedaagse oorsigbesoek aan Gauteng
# En Emmanuel Macron waarsku Russiese aggressie ken geen grense nie
# Minister van Openbare Diens en Administrasie, Inkosi Mzamo Buthelezi het planne aangekondig om ‘n Wetsontwerp vir die Beskerming van Verklikkers hierdie jaar in die parlement bekend te stel. Buthelezi het by die G20 Anti-Korrupsie werkgroep-vergadering die beskerming van verklikkers beklemtoon om verantwoordbaarheid in die staatsdiens te versterk. Die minister het beklemtoon dat Suid-Afrika beoog om deursigtigheid en etiese regering te verhoog. Hy het die behoefte vir langtermyn toewyding en samewerking in die stryd teen korrupsie beklemtoon.
# Die DA sê hy het ‘n brief gesien waarin die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, lotto-bieërs inlig dat hy ʼn versoek sal rig dat ʼn tydelike nasionale lotery-operateur aangestel word. Die minister het twee weke gelede die toekenning van ʼn nuwe loterylisensie tot volgende jaar uitgestel. Willie Aucamp van die DA sê minister Tau moet verduidelik hoe die Wet op Loterye hom bemagtig om ʼn verdere tydelike lisensie uit te reik nadat die huidige een verval het:
# President Cyril Ramaphosa bring vandag en môre ʼn oorsigbesoek aan Gauteng waar hy die provinsiale uitvoerende komitee en die Johannesburgse metroraad se leiers sal ontmoet. Hy sal ook met verskeie rolspelers in die Stad Johannesburg beraadslaag. Die provinsie se uitvoerende gesag sal sy vyfjaar-program aan Ramaphosa voorlê. Die presidensie sê die ontmoetings is om samewerking in die regering te bevorder en dienslewering te verbeter. Dis in ooreenstemming met die sewende administrasie se doelwitte, en integrasie en vennootskap volgens die Distriksontwikkelingsmodel.
# Frankryk se president Emmanuel Macron waarsku dat Russiese aggressie geen grense het nie en ʼn regstreekse bedreiging inhou vir die hele Europa. Macron het in ʼn televisieonderhoud gesê Europa moet gereedmaak om Oekraïne onder Donald Trump se administrasie alleen en sonder Amerikaanse hulp te verdedig. Hy het herhaal dat hy gewillig is om Franse soldate as moontlike vredesmag na Kiev te stuur indien ʼn skietstilstand bereik word. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het Macron op X bedank vir sy duidelike visie en pogings om vrede te bewerkstellig.
# Krieket: Suid-Afrika se eendagwedstryd-kaptein, Temba Bavuma, het sy teleurstelling uitgespreek nadat hulle by die Kampioenetrofee uitgeskakel is en sê hulle moes meer doelgerig lopies nagejaag het. Die Proteas het in nog ʼn IKR-uitklopwedstryd in die stof gebyt en met 50 lopies teen Nieu-Seeland verloor in die halfeindwedstryd in Lahore. Bavuma het erken 363 was ʼn moeilike teiken en sê al hul kolwers moes hul kant bring in vennootskappe:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-29-sent teen die dollar, 19-rand-75-sent teen die euro en 23-rand-58-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 91-duisend-763-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-922-dollar-28-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 69-dollar-58-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….