Nuus 08:00
BULLETIN 4 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum sê hy voel nie bedreig deur die aanklagte van hoogverraad nie
# Minister Macpherson hersien aanbevelings vir die Onafhanklike Ontwikkelingstrust
# En Donald Trump onderbreek glo Amerikaanse militêre hulp aan Oekraïne
# AfriForum sê daar is geen regsgronde vir die aanklag van hoogverraad wat die Nasionale Vervolgingsgesag ondersoek nie. Die Valke het Maandag onthul vier dossiere van hoogverraad is geopen, blykbaar teen AfriForum en Solidariteit, oor die vermeende verspreiding van waninligting. Die organisasies het onlangs met die Trump-administrasie in Washington vergader oor Suid-Afrika se onteieningsbeleid en die vermeende bedreiging van Afrikaners. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê hulle het nog geen amptelike kennisgewing van die Valke ontvang nie:
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, hersien aanbevelings om vyf nuwe raadslede by die Onafhanklike Ontwikkelingstrust aan te stel. Die raad het die name ingedien as gevolg van bestaande vakatures, waarvan vier teruggaan tot 2023. Macpherson het die behoefte aan sterk leierskap beklemtoon om bestendigheid te herstel te midde van kommer oor korrupsie. Die raad sal sodra die aanstellings gemaak is, belangrike strukturele hervormings aanspreek. Dit sluit in die PwC-ondersoek na die mislukte tender vir die Drukswaai suurstofabsorpsie-aanleg.
# Die ANC in Gauteng se provinsiale taakspanwerkskomitee het Maandag sy eerste vergadering gehou waar dit ooreengekom het om onmiddellik te begin met take in ooreenstemming met die mandaat wat van die party se nasionale uitvoerende komitee ontvang is. Die provinsiale uitvoerende komitee is verlede week hersaamgestel ná die swak vertoning in die algemene verkiesing in 2024. Die werkskomitee sê hulle fokus op die herbou van ANC-strukture, hulle sal seker maak leiers werk saam en sal toesig hou oor ontplooide kaders se werk om dienslewering te verseker.
# President Donald Trump het volgens berigte opdrag gegee dat militêre hulp aan Oekraïne tydelik gestaak en hersien word. Dit volg ná Trump en president Volodymyr Zelensky van Oekraïne se woordewisseling verlede week in die Ovaal Kantoor. Alle Amerikaanse militêre toerusting wat nog nie in Oekraïne is nie, sal gestop word. Dit sluit wapens in wat onderweg is, asook dié by depots in Pole. Volgens berigte is die onderbreking tydelik tot Trump kan bevestig dat Oekraïne verbind is tot vredesonderhandelinge met Rusland.
# Sokker: Die gewese Bafana Bafana-doelskopper, Benni McCarthy, is aangestel as Kenia se nuwe hoofafrigter. Hy het Manchester United aan die einde van verlede seisoen verlaat waar hy ‘n eerstespan-afrigter was wat op doelskoppers gefokus het. Die 47-jarige McCarthy se vorige bestuurservaring was by Cape Town City en AmaZulu. Kenia bied die 2027 Afrika-nasiesbeker saam met Tanzanië en Uganda aan. McCarthy sê die Keniaanse span is ʼn slapende reus:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-53-sent teen die dollar, 18-rand-63-sent teen die euro en 23-rand-64-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-785-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-890-dollar-37-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 71-dollar-11-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….