Nuus 08:00
BULLETIN 25 Februarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Tesourie sê Suid-Afrika sal die G20-presidentskap gebruik om hindernisse uit die weg te ruim
# Die polisie in Pretoria skiet ses transitorowers dood in ‘n skietgeveg
# En die legendariese sangeres Roberta Flack is in die ouderdom van 88 oorlede
# Die Nasionale Tesourie se direkteur-generaal, Duncan Pieterse, sê Suid-Afrika sal sy G20-presidentskap gebruik om ontwikkeling te finansier en struikelblokke vir groei in ontwikkelende lande te takel. Die adjunkte-vergadering vir Finansies en Sentrale Banke vind vandeesweek in Kaapstad plaas. Die G20-lede verteenwoordig sowat 85-persent van die wêreld se bruto binnelandse produk en 75-persent van internasionale handel. Pieterse sê Suid-Afrika het aangedui hy wil die bedryfsprosesse van die grootste G20-groep ekonomieë hersien:
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, stel vandag ‘n nuwe MIV-behandelingsveldtog by die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal se gemeenskapsaal in Soweto, Gauteng, bekend. Die veldtog se doel is om nog 1,1-miljoen mense wat met MIV lewe maar nie behandel word nie, teen einde Desember op antiretrovirale medisyne te plaas. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê Suid-Afrika het 7,8-miljoen mense wat met MIV/vigs lewe en minstens 5,9-miljoen ontvang antiretrovirale behandeling:
# Ses vermeende transito-rowers is Maandag in Laudium, Pretoria, in ʼn skietery met die polisie dood. ʼn Sewende is ernstig gewond. Die verdagtes was volgens berigte op pad om ʼn geldwa in Atteridgeville te beroof toe hulle onderskep is. Gauteng se adjunk-polisiekommissaris, Fred Kekana, het aan die SABC gesê die polisie wou die verdagtes se voertuig voorkeer toe die skietery uitgebreek het:
# Tennis: Vierde gekeurde Stefanos Tsitsipas is deur na die tweede ronde van die Dubai-kampioenskap. Die Griek wat die eerste keer in vyf jaar aan die toernooi deelneem, het die Italianer, Lorenzo Sonego, geklop. Tsitsipas kom nou teen die Rus, Karen Khachanov, te staan wat die Britse promotorskeuse, Daniel Evans, verslaan het. Die 2018-kampioen, Roberto Bautista Agut van Spanje, is ook deur na die tweede ronde nadat hy met Fabian Marozsan van Marokko afgereken het. Die Australiër Alexei Popyrin en Giovanni Mpetshi Perricard van Frankryk het ook seges behaal.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-36-sent teen die dollar, 19-rand-23-sent teen die euro en 23-rand-19-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-192-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-944-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 74-dollar-63-sent.
# En, die pop/R&B-sanger en liedjieskrywer, Roberta Flack, wat bekend is vir haar Grammy-bekroonde treffers, Killing Me Softly With His Song, en The First Time Ever I Saw Your Face, is dood. Sy was 88. Sy het in haar loopbaan vyf Grammy’s gewen, in 2020 ʼn toekenning gekry vir haar lewenslange bydrae, en in agtereenvolgende jare toekennings gewen vir album van die jaar. Flack, wat in die klassieke opgelei is as sanger-pianis, het ses toptien-treffers gehad en tien R&B-enkelsnitte. Haar laaste album is in 2012 vrygestel. Die Recording Academy sê die wêreld het ʼn groot musieklegende verloor.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….