Nuus 08:00
Bulletin Inhoud
BULLETIN 16 Februarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê Afrika het ‘n ‘goeie uitkoms’ by die Afrika Unie spitsberaad bereik
# Ses ontbinde liggame van vermeende onwettige mynwerkers is in die Diepkloofmyn gevind
# En rugby, die Haaie verras die Bulle met ‘n onverwagte oorwinning in hulle derby op Loftus
# President Cyril Ramaphosa sê Afrika het ‘n goeie uitkoms by die Afrika Unie spitsberaad bereik met die plasing van nuwe leierskap. Ramaphosa woon die 38ste Sessie van die Afrikaeenheid spitsberaad in Addis Ababa, in Etiopië by. Hy glo die beraad het ‘n leierskap gelewer wat sal reageer op die uitdagings wat die kontinent in die gesig staar:
# Die polisie in Gauteng het ‘n saak van moord geopen nádat ses ontbinde liggame gister langs ‘n ongebruikte Diepkloof-mynskag, in Soweto langs Nasrec gevind is. Al die slagoffers se hande was agter hul rug vasgebind. ‘n Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo sê die slagoffers was vermoedelik onwettige mynwerkers. Hy sê die polisie ondersoek ses sake van moord:
# Die Stad Kaapstad versoek alle Kaapstad-gebaseerde entrepreneurs wat ‘n produk of diens aanbied wat innoverend is en wat moontlik ‘n positiewe uitwerking op die plaaslike en breër gemeenskap kan hê, om aansoek te doen vir ondersteuning van die Orange Corners’ Innovation Fund. Die LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, James Vos sê dit is ‘n 12-maande ontwikelings program deur die Craft and Design Institute wat deur die stad befonds word. Vos sê die projek is gemik op plaaslike besighede wat fokus op een of meer van die Verenigde Nasies se 17 volhoubare ontwikkelingsdoelwitte:
# Die Israelse gyselaars, Iair Horn, Sagui Dekel-Chen en Sasha Alexander Troufanov het gister by ‘n vrylatingsperseel in Gaza aangekom nadat Egiptiese en Katarese bemiddelaars gehelp het om ‘n geskil te besleg wat ‘n brose skietstilstand bedreig het. Gewapende Hamas-militante het die drietal na ‘n verhoog gelei by die perseel in Khan Younis in Gaza. Hulle is teruggestuur in ruil vir 369 Palestynse gevangenes en aangehoudenes, ‘n uitruiling wat vrese besweer het dat die ooreenkoms kon ineenstort voor die einde van ‘n skietstilstand van 42 dae.
# En ten slotte rugby: Die Haaie het met ‘n bonuspuntoorwinning oor die Bulle in hulle Verenigde Rugbykampioenskap derby op Loftus Versveld geseëvier. Die Haaie het drie drieë kort na mekaar in die tweede helfte aangeteken wat die Bulle met 29-19 op hulle tuisveld laat verloor het. Die halftydtelling was 10-7 in die Haaie se guns. Vroeër in Johannesburg het die Lions die Stormers met 30–23 geklop. Die Bulle is nou op die derde plek in op die punteleer in die kampioenskap en die Lions vierde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….