Nuus 08:00
BULLETIN 12 Februarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging is bekommerd oor Amerikaanse befondsing
# Die VF Plus beskuldig Andile Mngxitama van haatspraak
# En Donald Trump onderteken ‘n uitvoerende bevel wat Elon Musk meer mag gee
# Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het kommer uitgespreek oor die Amerikaanse president, Donald Trump, se besluit om befondsing aan buitelandse organisasies wat deur die presidensiële noodplan vir vigs-verligting, Pepfar, ondersteun word en alle ander fondse vir navorsing te staak. Pepfar dra 17-persent by tot Suid-Afrika se MIV-befondsing terwyl die res van plaaslike bronne en die Global Fund geld kry. Die vereniging se voorsitter, Mvuyisi Mzukwa, sê die skielike staking en die ernstige gevolge vir pasiëntesorg dra by tot erns van die situasie:
# Die Vryheidsfront Plus het ‘n klag by die Menseregtekommissie en die parlementêre etiekkomitee ingedien teen Andile Mngxitama van die MK-party vir haatspraak en aanhitsing tot geweld. Mngxitama het op X gesê hy stem saam met Amerika se president Donald Trump dat “gronddiewe” Suid-Afrika moet verlaat en Amerika toe gaan, en gesê die land sal dan vry wees van koloniste. Die VF Plus sê sulke opmerkings kan nie in ʼn vrye en demokratiese land geregverdig word nie en nog minder in een met ʼn onbestendige politieke klimaat.
# ActionSA sê die Stad Tshwane se aksieplan oor net meer as 100 dae het ʼn nuwe regeringstandaard gestel. Burgemeester Nasiphi Moya het Dinsdag die uitvoerende burgemeesterskomitee se prestasie volgens die 100-dae-plan uiteengesit: om die metro se finansies te versterk, die ekonomie ʼn hupstoot te gee en dienslewering te verbeter. ActionSA se woordvoerder, Matthew George, sê hulle verwelkom die vordering om skoon drinkwater aan Hammanskraal se inwoners te verskaf:
# President Donald Trump het ʼn uitvoerende bevel onderteken wat agentskappe opdrag gee om met die Departement van Regeringsdoeltreffendheid saam te werk om personeel te verminder en aanstellings te beperk. Die opdrag is dat agentskappe begin om hul arbeidsmag op groot skaal te verminder en dan nie meer as een persoon vir elke vier wat afgedank is, aan te stel nie. Die miljardêr Elon Musk het by die Withuis in ʼn striemende toespraak gesê die federale burokrasie is vol onverkose bedrieërs:
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka, en nommer drie, Coco Gauff, is in die Katar Ope se tweede ronde in Doha uitgeskakel. Die Rus, Ekaterina Alexandrova, het Sabalenka van Belarus met 3-6, 6-3, 7-6 geklop terwyl Marta Kostyuk van Oekraïne die Amerikaner Gauff met 6-2, 7-5 verslaan het. Die Italianer, Jasmine Paolini, verlede jaar se naaswenner op Wimbledon en by die Franse Ope, het Caroline Garcia van Frankryk met 6-3, 6-4 gewen. Die Amerikaner Jessica Pegula het Elina Svitolina van Oekraïne met 6-3, 7-6 verslaan en Ons Jabeur van Tunisië het Qinwen Zheng van China met 6-4, 6-2 uitgeskakel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-50-sent teen die dollar, 19-rand-17-sent teen die euro en 23-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-308-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-888-dollar-62-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 75-dollar-61-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….