Nuus 08:00
BULLETIN 4 Februarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge waarsku die regering om nie ekonomiese bande in gevaar te stel nie
# Cosatu is bekommerd oor die verdraaiing van die Onteieningswet
# En hokkie: Die Suid-Afrikaanse manspan begin op ’n wennoot by die Wêreldbeker
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika moenie die negatiewe aandag wat sy Onteieningswet in die wêreld en veral Amerika trek, onderskat nie. Die Amerikaanse president, Donald Trump, dreig om as gevolg van die land se onteieningsbeleid, alle toekomstige befondsing aan Suid-Afrika te stop. Makone Maja van die instituut sê al is dit moontlik misleidend, dui Trump se verklaring daarop dat die regering se beleidskeuses van oorkant die Atlantiese Oseaan raakgesien word en waarskynlik gevolge sal hê:
Cosatu sê intussen hy is bekommerd oor wat hy beskou as die verdraaiing van die Onteieningswet. Dit volg nadat Amerika se president Donald Trump beweer het die Suid-Afrikaanse regering lê beslag op grond en sekere klasse mense word baie sleg behandel. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die wet is ‘n noodsaaklike beleid om ongelykheid in die land wat grond betref, aan te spreek:
# ʼn Paneel het bevind die Anglikaanse Kerk van Suid-Afrika het nie ander gemeentes in kennis gestel van bewerings van kindermolestering teen die voormalige Britse advokaat, John Smyth, nie. Die paneel wou vasstel of die kerk enige klagtes teen Smyth aangeteken en daarop gereageer het. Smyth word beskuldig dat hy jong seuns in die Verenigde Koninkryk en Zimbabwe gemolesteer het voordat hy in Suid-Afrika kom woon het. Die paneel het ook bevind dat Smyth blykbaar duidelike voorbereidingsgedrag getoon het by die onafhanklike gemeente waar hy aangesluit het na die St Martin-in-the-Fields Anglikaanse Kerk in Durban.
# ActionSA in Gauteng sê hy is nie verbaas dat slegs 196 uit drieduisend-921 nakomingsaansoeke van spazawinkels wat aan buitelanders behoort, goedkeuring van die provinsiale regering gekry het nie. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, het onthul die meeste aansoeke wat afgekeur word, is weens verkeerde, en in sommige gevalle bedrieglike dokumente wat ingedien is. ActionSA se woordvoerder, Zwelithini Mtshali, sê met sy #Spaza4Locals-veldtog eis hy lankal dat spazawinkels aan Suid-Afrikaners moet behoort:
# Hokkie: Die Suid-Afrikaanse mans-hokkiespan het goed weggespring by die FIH Binnenshuise Wêreldbeker in Poreč toe hulle die gashere, Kroasië, in Groep A met agt-ses verslaan het. Kaptein Dayaan Cassiem, sy broer Mustapha wat vier bygedra het, en Hans Neethling se driekuns het die belangrike oorwinning op die eerste dag verseker. Intussen het die Suid-Afrikaanse vrouespan en Thailand in hul openingswedstryd gelykop geëindig met vier elk. Suid-Afrika, wat die skouspel in 2023 suksesvol aangebied het, is sesde in die mansafdeling en vierde in die vroueafdeling.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-71-sent teen die dollar, 19-rand-31-sent teen die euro en 23-rand-25-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 100-duisend-816-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-822-dollar-16-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 75-dollar-37-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….