Nuus 08:00
BULLETIN 2 Februarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Nog ‘n beseerde SANW soldaat sterf in die hospitaal in die DRK
# Johannesburg se burgemeester verwelkom die aanstelling van Metropolisie-hoof
# En rugby: Ierland begin verdediging van Ses-Nasies titel met ‘n oorwinning oor Engeland
# Die Suid-Afrikaans Nasionale Weermag het aangekondig dat nog ‘n soldaat in die hospitaal in Demokratiese Republiek die Kongo gister aan sy wonde beswyk het. Die totale aantal sterftes in die DRK staan nou op 14. SANW woordvoerder, Siphiwe Dlaminis sê die 14 soldate was deel van die weermag se kontingent van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-sending in die DRK. Hy sê die troepe het uitsonderlike dapperheid getoon gedurende hulle skermutselings met M23 rebelle wat hulle basis aangeval het:
Die politieke ontleder Kenneth Mokgathle, sê intussen terwyl militêre ingryping benodig word in die konflik het Afrika ook ‘n politieke oplossing nodig vir ‘n voorslepende politieke vraagstuk in die streek. M23-rebelle het aangekondig hulle veg om etniese minderhede te beskerm teen die DRK-regering en die gevegte oor Goma het ook die direkte konflik tussen Rwanda en sy DRK-streekbure laat eskaleer. Mokgathle sê die voortdurende konflik in die gebied verg dringende ingryping:
# Die burgemeester van Johannesburg Dada Morero verwelkom die aanstelling van Patrick Jaca as die nuwe hoof van die stad se Metropolisie. Die woordvoerder van Johannesburg Nthatisi Modingoane sê die aanstelling van Jaca, ‘n deurwinterde wetstoepasser met uitgebreide ondervinding en indrukwekkende kwalifikasies, is ‘n belangrike mylpaal in die stad se poging om sy veiligheid- en sekerheid-argitektuur ‘n hupstoot te gee:
# Hamas het drie Israelse gyselaars uitgelewer as deel van die skietstilstandooreenkoms met Israel wat op 19 Januarie begin het. Die 34-jarige Yarden Bibas en die 53-jarige Ofer Kalderon is vrygelaat op ‘n plegtigheid in die suide van Gaza. ‘n Amerikaans-Israelse burger, die 65-jarige Keith Siegel, is gister op ‘n afsonderlike geleentheid uitgelewer. Dit is die vierde vrylating van gyselaars vandat die ooreenkoms in werking getree het. Die jongste drie gyselaars is uitgeruil vir meer as 180 Palestynse aangehoudenes, wat na verwagting later die dag hulle vryheid sou kry.
# En ten slotte: Rugby: Huidige Ses-Nasies kampioene Ierland, moes terugveg teen Engeland in hulle poging om die titel vir ‘n ongekende derde keer te wen. Hulle het gister met 27-22 in Lansdowne Road, Dublin geseëvier nadat hulle halftyd met 10-5 agter was. Drieë deur Bundee Aki, Tadhg Beirne and Dan Sheehan het Ierland in ‘n sterk posisie gelaat met ‘n voorsprong van 27-10 voordat Tom Curry en Tommy Freeman laat in die wedstryd drieë vir Engeland aangeteken het. In ander Ses-Nasies wedstryde het Skotland Italië met 31-19 geklop terwyl Frankryk Wallis verpletter het 43 – 0.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….