Nuus 08:00
BULLETIN 30 Januarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die UDM bevraagteken Suid-Afrika se militêre rol in vredesendings
# ’n Voormalige Al-Kaïda-lid word as Sirië se oorgangspresident aangewys
# En krieket: MI Cape Town verseker hul plek in die SA20-uitspeelronde
# Die UDM vra ‘n herontleding van Suid-Afrika se militêre betrokkenheid by vredesendings van die Verenigde Nasies na die onlangse gebeure in die Demokratiese Republiek die Kongo. Die party sê onder-befondsing het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag swak-toegerus gemaak sonder operasionale vliegtuie en met verouderde wapentuig. Die UDM waarsku voortgesette deelname aan vredesendings is onregverdigbaar sonder verhoogde besteding. Die party vra die regering om voorkeur te gee aan militêre gereedheid of soldate te onttrek om verdere risiko’s te voorkom.
# Eskom het ‘n ooreenkoms met PricewaterhouseCoopers bereik in ʼn saak oor ʼn mislukte besparende konsultasie-ooreenkoms. Die saak wou ʼn kosteverminderingskontrak bekend as die Capital Scrubbing-ooreenkoms nietig verklaar en betalings terugkry wat aan PwC en subkontrakteur, Nkonki, gemaak is. Die projek is ook deur die Staatskapingskommissie ondersoek. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die bestuur se verbintenis om sake te hanteer wat uit die kommissie se bevindings voortspruit, het bygedra om hierdie uitkoms te bereik:
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê hy het geen plan om meisies van 12 jaar en ouer te dwing om sonder hul toestemming voorbehoedmiddels te ontvang of nie te ontvang nie. LUR Nomantu Nkomo-Ralehoko het verlede week gesê die departement gaan die voorbehoedmiddel, Implanon, uitdeel in ʼn poging om tienerswangerskappe te bekamp. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die LUR het tydens haar besoek aan skole die belangrikheid van seksuele en reproduktiewe gesondheidsopvoeding en ouers se betrokkenheid beklemtoon:
# Die voormalige al Qaeda-lid, Ahmad al-Sharaa is benoem as die Siriese president vir ‘n oorgangstydperk. Hy is die voormalige leier van Hayat Tahrir al-Sham, die Islamitiese rebellegroep wat die militêre operasie gelei het vir die omverwerping van die vorige president, Bashar al-Assad. Sharaa sê die land se onmiddellike prioriteite is om die magsvakuum te vul, staatsinstellings te bou en burgerlike vrede te beskerm. Sirië is aan flarde na ‘n burgeroorlog van meer as ‘n dekade waarin meer as 300-duisend mense dood en miljoene ontheem is.
# Krieket: MI Cape Town het die eerste keer hulle plek in SA20-uitspeelronde bespreek ná ʼn bonuspunt-oorwinning met tien paaltjies oor die verdedigende kampioene, Sunrisers Eastern Cape, op Nuweland. Corbin Bosch het sy beste syfer in die kompetisie behaal en vier paaltjies vir 19 lopies platgetrek om die Sunrisers tot 107 te beperk. In antwoord het Ryan Rickelton en Rassie van der Dussen ʼn ononderbroke aanvangsvennootskap van 110 lopies behaal om MI Cape Town na ʼn oorwinning te lei. Bosch sê hul fokus bly op die taak wat voorlê:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-54-sent teen die dollar, 19-rand-32-sent teen die euro en 23-rand-8-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 104-duisend-609-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-759-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 75-dollar-48-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….