Nuus 08:00
BULLETIN 29 Januarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Lamola doen ‘n beroep op Rwanda om op te hou om die M23-rebelle in die DRK te ondersteun
# BOSA wil deursigtigheid van president Ramaphosa hê oor die situasie in die DRK
# En die AA doen ‘n beroep op ‘n geen-alkohol bestuursperk om padsterftes te verminder
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die huidige veiligheidsituasie in die Demokratiese Republiek die Kongo is ellendig en onaanvaarbaar. Minstens 17 buitelandse vredesmaglede is dood in skermutselings met Rwandees-gesteunde M23-rebelle. Dit sluit 13 soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in. Lamola het die Afrika-unie se Vrede- en Veiligheidsraad toegespreek en gesê Rwanda moet ophou om die M23-rebelle te ondersteun en sy magte aan die DRK onttrek. Hy voeg by die ongemagtigde teenwoordigheid van M23 skend die DRK se territoriale integriteit.
Build One South Africa doen intussen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om die nasie onmiddellik toe te spreek en volledig en deursigtig verslag te doen oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se bedrywighede in die Demokratiese Republiek die Kongo. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê Ramaphosa moet verduidelik of die SANW se betrokkenheid ʼn onselfsugtige vredesmissie vir die streek is, of ʼn gevaarlike geopolitieke speletjie:
# Die Automobiel-Assosiasie wil ʼn alkoholbeperking van nul vir bestuurders hê om toenemende padsterftes te voorkom. Statistiek vir die feestyd in Suid-Afrika toon nege-duisend-550 arrestasies vir verkeersoortredings, met drie-duisend-840 bestuurders wat vir dronkbestuur aangekla is. ‘n Verbod op alkohol tydens die inperking in 2020 het beserings weens padongelukke met 60-persent verminder. Woordvoerder Eleanor Mavimbela sê studies toon selfs minimale alkohol benadeel jou bestuursvermoë. Sy benadruk die behoefte aan strenger maatreëls en toepassing vir openbare veiligheid aangesien alkoholverwante ongelukke die land jaarliks 18,2-miljard-rand kos.
# ActionSA in KwaZulu-Natal het president Cyril Ramaphosa se toestemming dat die KwaDukuza-munisipaliteit ondersoek word, verwelkom. Die president het die Spesiale Ondersoekeenheid toestemming gegee om munisipale tenders van 2018 en 2019 te ondersoek. ActionSA-woordvoerder, Nel Sewraj, sê die ondersoek hou verband met munisipale amptenare se onregmatige inmenging by talle tenders. Dit sluit in die omstrede panele om paaie te herstel:
# Krieket: In Centurion het die Pretoria Capitals met ses paaltjies ʼn bonuspunt-oorwinning oor die Joburg Super Kings behaal en hoop om steeds die SA20-uitspeelronde te haal. Migael Pretorius het drie paaltjies platgetrek en die Super Kings is beperk tot 99 vir nege. In antwoord daarop het die Capitals die teiken gehaal met agt boulbeurte wat oorbly. Met die topvier wat vir die uitspeelronde kwalifiseer, is die Capitals net een punt agter die Super Kings wat vierde is. Die Super Kings se kaptein, Faf du Plessis, sê hulle kan steeds die uitspeelstryd haal:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-67-sent teen die dollar, 19-rand-48-sent teen die euro en 23-rand-24-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 101-duisend-990-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-763-dollar-3-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 76-dollar-22-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….