Nuus 08:00
BULLETIN 26 Januarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA vra dringende regering van nasionale eenheid-dialoog met partye wat die Wet op Onteiening teenstaan
# Trump maan BRICS oor gedeelde geldeenheidplanne
# En rugby: Die Blitsbokke oorrompel Fidji en dring deur na die Perth-halfeindstryd
# Die leier van die DA John Steenhuisen vra dringende samesprekings met die vennote in die regering van nasionale eenheid wat die Wet op Onteiening teenstaan. Steenhuisen, meen die wet is ongrondwetlik en vra dit moet teruggestuur word na die Parlement. Hy sê die party sal hom beroep op klousule 19 van die Verklaring van Voorneme, ‘n dokument wat die DA se kernrol in die regering onderskryf. Hy waarsku teen opsyskuiwing en vra vir koalisierespek:
Op sy beurt erken die sekretaris-generaal van die ANC Fikile Mbalula die DA se reg om die Wet op Onteiening teen te staan, maar bevestig sy party se toewyding tot transformasie. Mbalula het op ‘n mediakonferensie die wet as deurslaggewend beskryf vir grondherverspreiding en gesê sommige van die regering van nasionale eenheid se koalisievennote verset hulle teen vordering. Hy hou vol die ANC sal nie toegewings maak oor die bevordering van Suid-Afrika se sosio-ekonomiese agenda nie:
# Die Amerikaanse president Donald Trump dreig met tariewe van 100-persent teen BRICS-lande as hulle ‘n gedeelde geldeenheid najaag om die dollar uit te daag. Die BRICS-groep wil afhanklikheid van die dollar teenwerk en ekonomiese onafhanklikheid ‘n hupstoot gee. Kenners waarsku sulke tariewe kan Amerikaanse handelskoste verhoog, BRICS na alternatiewe markte dwing en pogings om van die dollar ontslae te raak versnel. Uitgerekte spanning verhoog die risiko van ekonomiese onsekerheid en aanvoerkettingsontwrigtings, wat die internasionale finansiële landskap kan herskep.
# Rugby: Die Springbok Sewes het maklik deurgedring na die halfeindstryd in Perth deur Fidji gister met 19-0 ore aan te sit. Fidji, wat op die eerste dag van die toernooi verloor het teen Uruguay, kon nie die Blitsbokke se aanslag weerstaan nie en is van die begin af oorheers. Die Suid-Afrikaners kom nou te staan teen die gashere Australië in die halfeindstryd, en dan teen die wenner tussen Spanje en Argentinië, sou hulle die eindstryd bereik. Die halfeindstryde begin net na nege vanoggend, met die Blitsbokke wat net voor half-tien opdraf.
# En, ‘n Ekspedisie van 124 vroue uit 24 lande, wat Suid-Afrika insluit, vertrek Dinsdag op ‘n vaart na Antarktika. Die groep, uit die wetenskap-, tegnologie, ingenieurs-, wiskunde en mediese velde, wil navorsing- en volhoubaarheidspogings steun. Die inisiatief, wat georganiseer is deur die organisasie Homeward Bound, mik na volhoubare oplossings deur uiteenlopende, STEMM-gebaseerde leierskap. Die Suid-Afrikaanse bewaringskenner Aaniyah Martin lig die geleentheid uit om vroue se stemme in leierskap te verhef.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….