Nuus 08:00
BULLETIN 25 Januarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu sê die Onteieningswet is ‘n stap nader aan gelyke toegang tot hulpbronne
# ‘n Studente-unie waarsku oor universiteitsluitings weens onopgeloste kwessies
# En krieket: Markram en Jansen lei die Sunrisers Eastern Cape na ‘n oorwinning
# Die vakbondfederasie, Cosatu, sê die nuwe Onteieningswet is ‘n belangrike stap tot gelyke toegang tot grond en hulpbronne. Volgens die federasie vervang die wet verouderde wette uit die apartheidsera, sodat die regering ongelykheid met grond kan aanspreek met volle, gedeeltelike of geen vergoeding nie. Matthew Parks van Cosatu versoek die vinnige implementering om diegene wat ontneem is te bemagtig en transformasie te bevorder:
In sy reaksie sê die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die nuutbekragtigde Onteieningswet hou ‘n ernstige bedreiging in vir eiendomsregte en ekonomiese groei. Die liggaam beplan om dit in die hof uit te daag en sê dit kan gebruik word om grond in staatsbeheer te plaas sonder vergoeding. Woordvoerder Makone Maja waarsku die wet ondermyn beleggersvertroue en weerspreek president Cyril Ramaphosa se aansprake op die Wêreld-ekonomiese Forum van die vestiging van ‘n beter beleggingsomgewing:
# Die Suid-Afrikaanse Studente-unie waarsku teen die moontlike sluiting van universiteite tensy kwessies soos befondsing, verblyf en lewenstoelaes nie opgeklaar word nie. Die vakbond eis ‘n verhoging in die lewenstoelae van tweeduisend-rand en ‘n oplossing van probleme met befondsing en verblyf. Volgens News24 ondersteun ander studentegroepe, soos die studentebeweging van die MK-party, ook die sluiting. Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding hou voet by stuk daar sal geen sluiting wees nie, aangesien befondsing aan baie studente verskaf is.
# Die Amerikaanse Departement van Buitelandse sake het ‘n opskorting beveel van nuwe befondsing vir amper alle Amerikaanse buitelandse ontwikkelingshulp na Donald Trump se uitvoerende opdrag. Sowat 70-miljard-rand se Kongres-goedgekeurde befondsing vir toekomstige wapenbesendings vir Oekraïne word behou, maar dit is onduidelik of die president sal besluit om dit te bestee. Humanitêre beamptes kritiseer die opdrag omdat dit nie lewensgewende programme soos klinieke en inentingsprogramme uitsluit nie. Die hoof van Oxfam America, Abby Maxman, maan dit kan wêreldwyd lewe- of dood-gevolge inhou vir kinders en families.
# En krieket: Die kaptein van Sunrisers Eastern Cape, Aiden Markram, en Marco Jansen het gisteraand hulle span gelei tot ‘n 14-lopie oorwinning oor Joburg Super Kings in hulle SA20-wedstryd op St Georgespark in Gqeberha. Markram het 43 aangeteken van 29 balle en sy span gelei na 165 vir 4. Jansen se 2 vir 19 in sy vier boulbeurte het in antwoord die Super Kings beperk tot 151 vir 8. Sunrise Eastern Cape is nou tweede met 19 punte, agter die voorlopers Paarl Royals wat 20 punte het na ses kragmetings.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….