Nuus 08:00
BULLETIN 24 Januarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC sê geskiedenis is gemaak met die ondertekening van die Onteieningswetsontwerp
# Die Polisie arresteer die meisie van ‘n kinderpornografie-verdagte van Midrand
# En ‘n regter keer Trump se nuwe uitvoerende bevel oor geboortereg-burgerskap
# Die ANC sê president Cyril Ramaphosa se ondertekening van die Onteieningswet is ‘n mylpaal in Suid-Afrika se hervormingsagenda. Die wet herroep die Onteieningswet van 1975 en sit uiteen hoe grond om verskeie redes in openbare belang onteien mag word. Mzwandile Masina van die ANC het aan die SABC gesê die wet is ʼn progressiewe en hervormende instrument om grondhervorming te bevorder en ekonomiese groei en samehang moontlik te maak:
Die EFF het egter die bekragtiging van die Onteieningswet verwerp en sê dit sal nie grondhervorming oplos nie. Die EFF sê die wet is ʼn wetgewende ontwykings-maneuver van die ANC om mense te laat glo hulle hanteer die grondkwessie. Hy sê volgens hom is die enigste demokratiese manier om die grondkwessie op te los, die totale hersiening van Artikel 25 van die Grondwet.
# Die Gautengse polisie het ʼn tweede verdagte, ʼn 25-jarige vrou, in hegtenis geneem in verband met video’s en foto’s van kinderpornografie wat verlede Vrydag in Midrand ontdek is. Die inhegtenisneming volg nadat haar 35-jarige kêrel verlede week tydens ʼn gesamentlike operasie vasgetrek is. Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê die vrou is ʼn web-ontwerper van beroep. Sy is in Houghton gearresteer en staar aanklagte van besit van kinderpornografie en geldwassery in die gesig:
# ʼn Amerikaanse federale regter het president Donald Trump se uitvoerende bevel om geboortereg-burgerskap te beëindig, tydelik gestaak en beskryf dit as brutaal ongrondwetlik. Trump het in sy uitvoerende bevel Amerikaanse agentskappe opdrag gegee om nie kinders wat in Amerika gebore is, burgerskap te gee as die ma of pa nie Amerikaanse burgers is of permanente verblyfreg het nie. Die opdrag is die onderwerp van vyf regsaksies deur burgerregtegroepe en Demokratiese prokureurs-generaal in 22 state. Trump sê hy sal die beslissing uitdaag.
# Krieket: Die Paarl Royals het die Durban’s Super Giants op Kingsmead in Durban met vyf paaltjies verslaan om hul posisie boaan die SA20-punteleer te beklink. Quinton de Kock het 43 behaal terwyl Mujeeb Ur Rahman twee paaltjies platgetrek het om die Super Giants tot 142 vir sewe te beperk. In antwoord daarop het Rubin Hermann 44 en Mitchell van Buuren 41 bygedra om die Royals te help om die teiken te haal met 15 balle wat oorbly. Die Royals se kaptein, David Miller, sê hy is tevrede met hulle prestasie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-43-sent teen die dollar, 19-rand-25-sent teen die euro en 22-rand-83-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 103-duisend-128-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-773-dollar-8-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-56-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….