Nuus 08:00
BULLETIN 19 Januarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die polisie veroordeel die voortgesette ‘verspreiding van waninligting en leuens’ oor die Stilfontein-myners
# Minstens 70 mense is in Nigerië dood toe ‘n brandstoftenkwa ontplof
# En rugby: Die Bulle verslaan Stade Francais en kwalifiseer vir die Uitdaagbeker-uitspeelwedstryde
# Die polisie veroordeel wat hulle die verspreiding van leuens en waninligting noem oor die beweerde opblaas van skag tien deur die polisie by Stilfontein in Noordwes. Die SAPD sê in ‘n verklaring hy het sy plofstofspan beveel om skag 10 te inspekteer vir enige teken van ‘n ontploffing en niks is gevind nie. Die polisie ondersoek ook die deel van persoonlike inligting op sosiale media van verdagtes wat aangekeer is in die Stilfontein-herwinningsoperasie, wat name, nasionaliteite en geboortedatums insluit.
In sy reaksie sê die EFF die Stilfontein-tragedie moet dien as ‘n keerpunt en ‘n oomblik wanneer Suid-Afrika uiteindelik die sistemiese ongeregtighede konfronteer wat swart en ongedokumenteerde mense se menswaardigheid verontagsaam en siklusse van geweld en verwaarlosing voortsit. Sam Matiase van die EFF sê 216 onwettige mynwerkers is onlangs gered en 78 liggame is herwin na maande se regeringsverwaarlosing en ‘n gebrek aan respek vir menselewens. Hy sê die ramp is ‘n stroewe uitbeelding van die onbevoegdheid van wetstoepassing:
# Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit waarsku uiterste hittetoestande wat kan lei tot veldbrande in die Noord- en Wes-Kaap, sal vandag voortduur. Die Weerdiens het ‘n waarskuwing uitgereik vir baie warm weer in die twee provinsies. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Gerhard Otto, sê die baie hoë temperature, saam met droë toestande en sterk wind kan weghol veld- en bosbrande vererger:
# Minstens 70 mense is dood en tientalle is gister in die noorde van Nigerië beseer toe ‘n petroltenkvragmotor omgeslaan het. Die brandstof wat uitgevloei het, het ontplof. Die land se Nasionale Noodagentskap sê die ongeluk in die staat Niger volg op ‘n soortgelyke voorval verlede Oktober in die staat Jigawa waarin minstens 147 mense dood is. Dit was een van die ergste tragedies van sy soort in Nigerië. Meer as 70 liggame is gister herwin en minster 56 mense is beseer, met 15 winkels wat verwoes is.
# En rugby: Die Bulle het gister met ‘n stewige vertoning op Loftus in Pretoria Stade Francais met 48 – 7 in ‘n laaste ronde Kampioenebekerwedstryd geklop. Die tuisspan was rustyd 36-7 voor. Die Bulle moes met meer as 22 punte wen om deur te dring na die tweede vlak van die Uitdaagbekerkompetisie se laaste-16-ronde, nadat hulle verlede naweek uitgeval het uit die topvlak Kampioenebeker-uitspeelwedstryde. Hulle het ses drieë gedruk en ‘n strafdrie is aan hulle toegeken.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….