Nuus 08:00
BULLETIN 18 Januarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Lesotho verwag ekonomiese en energievoordele met die Fase 2-bekendstelling van die Lesotho-Hoogland-waterprojek
# Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek sê meer as een rentekoersverlaging is steeds moontlik
# En krieket: Gerald Coetzee is dalk nie beskikbaar vir die Kampioenetrofee en die res van die SA20 nie
# Die eerste minister van Lesotho, Lebona Lephema, het die bekendstelling van die Lesotho-Hoogland-waterprojek geprys en die ekonomiese en energievoordele daarvan beklemtoon. Die eerste van twee tonnel-boormasjiene is gemik op die oplossing van die wateruitdagings in Gauteng. Die projek, ter waarde van 39-miljard-rand sal na verwagting in 2028 voltooi word, waarna hidrokrag in 2029 sal volg. Lephema sê die Suid-Afrika-Lesotho-vennootskap sal samewerkingspogings in die streek verbeter:
In nog ‘n verwikkeling is Fase 2 van die Lesotho-Hoogland-waterprojek se tonnelboormasjien amptelik bekendgestel, ‘n groot stap om die wateruitdagings in Gauteng te verlig. ‘n Swaartekragtonnel van 38-kilometer word as deel van die projek gebou om die Polihali- en Katse-reservoirs te verbind. Hierdie vennootskap tussen die staat en die privaat sektor sal na verwagting teen 2028 voltooi wees en sluit hidrokragontwikkeling in. Die Suid-Afrikaanse hoë kommissaris in Lesotho, Constance Seoposengwe, sê die mylpaal versterk ook samewerking tussen die twee lande:
# Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek sê daar is steeds ruimte vir die Suid-Afrikaanse Reserwebank om rentekoerse te verlaag, ondanks die uitdagings met stygende oliepryse en die swak rand. Business Tech berig die buro is van mening daar kan ‘n moontlike verlaging in Januarie en weer in Maart wees, wat inflasieverwagtinge binne die Reserwebank se 4,5-persent teiken hou. Die buro sê daar is ‘n toenemende risiko dat die Reserwebank die koers in Januarie en/of Maart onveranderd kan hou.
# Die DA in Johannesburg sê die waarnemende stadsbestuurder, Tshepo Makola se aanstelling is onwettig. Die party voer aan ingevolge die Wet op Munisipale Stelsels moet so ‘n aanstelling deur die stadsraad goedgekeur word voor dit in werking mag tree, maar Makola het verlede maand in die rol begin, sonder die nodige goedkeuring. Die DA-lid, Belinda Kayser-Echeozonjok sê slegs die raad het die gesag om hierdie besluit te neem en waarsku teen moontlike regstappe:
# En krieket: Suid-Afrika kan ‘n snelbouler-probleem hê vir die Kampioenetrofee na die nuus van Gerald Coetzee se dyspier-probleem. Daar is verwag hy sou aangewys word as plaasvervanger na Anrich Nortjé se onttrekking weens ‘n rugbesering. Coetzee is nie in Joburg Super Kings se span ingesluit vir die SA20-wedstryd teen Pretoria Capitals, wat uitgereën het nie, en kan dalk die res van die toernooi misloop. Witbal-afrigter Rob Walter kan dalk die onervare boulers Kwena Maphaka of Corbin Bosch oorweeg as Coetzee nie na Pakistan kan reis nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….