Nuus 08:00
BULLETIN 6 Januarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA ondersteun ‘n florerende gemengde ekonomie in Suid-Afrika
# ‘n LUR van KwaZulu-Natal waarsku inwoners om versigtig te wees met Vlak 8-reën wat verwag word
# En, Jodie Foster, Demi Moore en Colin Farrell is onder die groot wenners by die Golden Globes
# ActionSA sê hy ondersteun ‘n florerende gemengde ekonomie waar die regering sy kant bring deur ʼn beleid en veilige omgewing te skep om regstreekse plaaslike en buitelandse beleggings te lok. Die party se president Herman Mashaba sê die regering kan nie die enigste skepper van massa-werkskepping wees nie. Hy sê ʼn florerende privaat sektor kan aansienlik tot werksgeleenthede bydra as hy deur behoorlike wetgewing en waar nodig aansporings daartoe in staat gestel word:
# KwaZulu-Natal se LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, waarsku inwoners teen gure weer en maan hulle om voorsorgmaatreëls te tref. Vlak 8-reën wat ontwrigtend kan wees, word van vandag tot Woensdag voorspel. Die departement se woordvoerder, Senzelwe Mzila, sê die weerstoestande kan laagwaterbrûe laat oorstroom, plaaslike oorstromings veroorsaak en moontlik hoofroetes in die provinsie ontwrig:
# Die Kremlin beweer hy het Sondag ʼn Oekraïnse aanval in Rusland se Koersk-streek suksesvol afgeweer. Die aanval was vermoedelik ʼn poging om nuwe grondgebied te verower nadat Oekraïnse soldate in Augustus in dieselfde streek ʼn skokaanval oor die grens uitgevoer het. Die Kremlin het sedertdien ʼn deel van die grondgebied teruggevat, maar sukkel om die invallende magte terug te stoot. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het vroeër gesê hy gaan die gebied behou en as bedingingsmiddel in moontlike vredesonderhandelings gebruik.
# Tennis: Naomi Osaka het Sondag weens ʼn maagbesering aan die eindwedstryd van die Auckland Classic onttrek. Dis ʼn terugslag vir die Japannese ster met die Australiese Ope wat oor ʼn week begin. Sy was besig met haar eerste WTA-eindstryd in drie jaar teen die Deen, Clara Tauson, toe die viermalige Grand Slam-kampioen ʼn fisioterapeut aangevra het. Sy het die openingstel met 6-4 gewen en kort daarna onttrek uit haar poging om haar eerste titel in vier jaar te wen. Sy het haar eerste kind in die middel van 2023 gehad en 12 maande gelede na die baan teruggekeer.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-76X-sent teen die dollar, 19-rand-35X-sent teen die euro en 23-rand-32-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 99-duisend-176-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-640-dollar-41-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 76-dollar-16-sent per vat.
# En ter afsluiting, Demi Moore en Zoe Saldaña het op die Golden Globe-toekennings in Los Angeles hul eerste Golden Globes ooit gewen. Moore is die beste ondersteunende vroulike akteur in ‘n fliek, musiekblyspel of komedie vir haar rol in The Substance, terwyl Zoe Saldaña die beste ondersteunende vroulike akteur in ‘n fliek is vir Emilia Pérez. Colin Farrell is die beste manlike akteur in ‘n beperkte reeks, saamgestelde reeks of rolprent vir TV vir The Penguin, en Jodie Foster is die beste vroulike akteur in dieselfde kategorie vir True Detective: Night Country.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….