Nuus 08:00
BULLETIN 29 Augustus 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Lamola sê die versterking van handelsbande met Japan is belangrik
# My Vote Counts sê president Ramaphosa se veranderings aan politieke befondsing bevorder geheimhouding
# En Israel het nog nie die nuwe 60-dae Gaza-skietstilstandvoorstel aanvaar nie
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika en Afrika moet handels- en beleggingsbande met Japan versterk. Die minister en vier ander het president Cyril Ramaphosa na die Negende Tokio Internasionale Konferensie oor die Afrika-ontwikkelingsberaad vergesel. Japan is een van die groot beleggers en pomp meer as 90-miljard-rand in die Suid-Afrikaanse ekonomie, met die totale bilaterale handel tussen die twee lande wat in 2024 altesaam 132-miljard rand bereik het. Lamola sê daar is potensiaal vir nog beleggings:
# My Vote Counts waarsku president Cyril Ramaphosa se onlangse veranderings aan die Wet op Politieke Befondsing vererger die geheimhouding en verminder aanspreeklikheid in politieke skenkings. Ramaphosa het die jaarlikse skenkingsperk verdubbel tot op 30-miljoen-rand en die openbaarmakingsdrempel tot 200-duisend-rand verhoog. Joel Bregman van die groep voer aan dit sal die invloed deur welgestelde skenkers verhoog en politieke partye meer vatbaar laat vir korrupsie.
# Die Voorsittende Bamptes van die Parlement het die gewelddadige aanval op drie DA-lede van die Parlement veroordeel. Die voorsitter van die Polisie-portefeuljekomitee, Ian Cameron, Nicholas Gotsell en Lisa Schickerling is aangeval toe hulle van ‘n oorsigbesoek gister aan die polisiekollege in Philippi, Kaapstad teruggekeer het. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die voorsittende beamptes doen ‘n beroep op wetstoepassingsowerhede om te verseker diegene wat vir die laakbare daad verantwoordelik is, word vinnig aangekeer en voor die gereg gebring:
# Israel gaan sy antwoord teen Vrydag aan internasionale bemiddelaars lewer oor ‘n nuwe Gaza skietstakingsooreenkoms. Die voorstel wat Katar en Egipte voorgelê het, sluit in die opheffing van militêre operasies vir 60 dae en die vrylating van sowat die helfte van die 50 oorblywende Israelse gyselaars waarvan 20 glo steeds leef. Hamas het die skietstakingsplan aanvaar. ‘n Woordvoerder van Katar se departement van Buitelandse Sake, Majed al-Ansari sê die voorstel is die bes moontlike opsie om die doodslag in Gaza te beëindig:
# Tennis: Die topgekeurde Jessice Pegula en Jack Draper is deur na die halfeindstryd van die hersaamgestelde Amerikaanse gemengde dubbelspelkampioenskap. Die Amerikaans-Britse paar het twee oorwinnings behaal, insluitend ‘n oorwinning teen Emma Raducanu en Carlos Alcaraz. Hulle kom nou teen die derde gekeurdes, Casper Ruud en Iga Swiatek, te staan. Die huidige kampioene, Sara Errani en Andrea Vavassori is ook deur die halfeindstryd. Die Amerikaners Danielle Collins en Christian Harrison wat geloot is na die onttrekking van Katerina Siniakovia en Jannik Sinner, is ook deur na die kwarteindronde.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-70-sent teen die dollar, 20-rand-59-sent teen die euro en 23-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 113-duisend-346-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-316-dollar-74-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-51-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….