Nuus 08:00
BULLETIN 27 Desember 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Forum sê geweld en tronkontsnapping in Mosambiek veroorsaak kommer in streek
# Kabeldiefstal en vandalisme laat sommige inwoners van Johannesburg tot Maandag sonder krag
# En Krieket: Indiese ster Kohli beboet nadat hy Konstas tydens die vierde Australiese toets met skouer stamp
# Die Activists and Citizens Forum moedig die lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap aan om Mosambiek se toenemende na-verkiesingsgeweld aan te spreek. Dit volg na ‘ n massa-ontsnapping uit ‘n tronk in Maputo dié week en voortgesette na-verkiesingsbetogings. Die opposisieleier Venancio Mondlane het kalmte gevra terwyl die verkose president Daniel Chapo verkiesingshervorming beloof het. Dennis Bloem van die Forum beklemtoon dialoog, en het verwys na die streeks-ekonomiese impak en die tragiese lewensverlies:
Intussen het Mondlane planne aangekondig om homself op 15 Januarie tot president te verklaar. Sy aankondiging kom ondanks ‘n hofbevel wat Daniel Chapo se oorwinning in die bestrede verkiesing van 9 Oktober bevestig. Mondlane, wat aangekla word van wydverspreide stempeutering, dring aan op die oorname van die presidensie op dieselfde dag wat Chapo se inswering beplan word. Geweldadige betogings het na die verkiesingsuitslae uitgebars, met 150 sterftes wat sedert Oktober aangemeld is in botsings tussen betogers en sekerheidsmagte reg oor die land.
# Sommige Johannesburgers sal tot Maandag sonder krag sit nadat vandale kabels gesteel en City Power se infrastruktuur beskadig het. Die voorval het die kragtoevoer na verbruikers in die Johannesburgse middestad, Marshalltown, City en Suburban, Selby en omliggende gebiede onderbreek. City Power-woordvoerder Isaac Mangena sê minstens 60-persent van die inwoners wat geraak is, se krag is herstel:
# Die Azerbaijan Airlines-vliegtuig wat op Kersdag neergestort het, is glo deur ‘n Russiese lugverdedigingstelsel afgeskiet. Die Embraer 190-passasierstraler was onderweg van Azerbeidjan se hoofstad Bakoe na die Russiese stad Grozny en het ‘n paar kilometer van Aktau in Kazakstan neergestort. Daar was 67 mense aan boord, met 38 slagoffers en die res beseer. Volgens Reuters beweer ‘n Azerbeidjanse bron die voorlopige ondersoekuitslag toon dat ‘n Russiese Pantsir-S-lugverdedigingstelsel die vliegtuig getref het. ‘n Annonieme Amerikaanse amptenaar het dit bevestig.
# Krieket: Virat Kohli se gedrag Donderdag tydens die tweede Kersdag-toets in Melbourne is gekritiseer nadat hy die tienerdebutant Sam Konstas met die skouer gestamp het. Die Indiese veteraan het die 19-jarige nuweling taamlik hard getref, nadat Konstas die boulers op die Melbourne-krieketveld laat sukkel het op pad na ‘n blitsige 60 van 65 balle. Die Internasionale Krieketraad het Kohli met 20-persent van sy wedstrydgeld beboet en een strafpunt toegeken vir ‘n oortreding van die IKR-gedragskode. Die voormalige Indiese afrigter, Ravi Shastri, het Kohli se optrede as “absoluut onnodig” beskryf.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-84-sent teen die dollar, 19-rand-61-sent teen die euro en 23-rand-59-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-202-dollar. Die prys van goud is een-duisend-633-dollar-72-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-79-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….