Nuus 08:00
BULLETIN 21 Desember 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Gwarube neem kennis van die instelling van die BELA-wet
# ‘n Saoediese dokter aangekeer nadat ‘n motortussen mense by ‘n Kersmark in Duitsland injaag
# En, groothandel eierpryse skiet die hoogte in ná voëlgriep in die VSA uitbreek
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube sê sy neem kennis van die aanvang van die Wet op Basiese Onderwyswette, soos aangekondig deur Cyril Ramaphosa. Gwarube beklemtoon in ‘n verklaring die belangrikheid van die ontwikkeling van nasionale regulasies, beleid en norme om die sektor te versterk en gelyke onderwys vir alle leerders te verseker. Sy verduidelik die proses sal openbare raadpleging insluit voordat die wet ten volle in werking gestel word:
Op sy beurt sê die DA-leier John Steenhuizen die onderhandelings in die regering van nasionale eenheid wat dit moontlik gemaak het vir die BELA-wet om ingestel te word, is ‘n wen-wen skikking, sonder dat bestaande grondwetlike regte tot moedertaalonderrig ondermyn word. DA-woordvoeder Willie Aucamp sê Gwarube moet norme, standaarde en regulasies uitreik wat die instelling van die bestrede artikels sal reguleer:
# Die polisie in Duitsland het ‘n man van Saoedi-Arabië in hegtenis geneem nadat ‘n sportnutsmotor in ‘n Duitse Kersmark ingejaag en dood en verwoesting gesaai het. Die owerhede in die stad Magdeburg, omtremt 130 kilometer suidwes van Berlyn, sê minstens twee mense is dood, van wie een ‘n jong kind was, en 68 is beseer. Die verdagte is ‘n 50-jarige sielkundige van Saoedi-Arabië, wat sedert 2006 in Duitsland woon.
# Sokker: Mason Mount se moeilike seisoen by Manchester United word net erger en hy gaan vir nog ‘n ruk langs die kantlyn moet sit. Die voormalige Chelsea-middelveldspeler is ‘n randfiguur sedert hy in Julie verlede jaar by Old Trafford aangekom het. Hy sukkel om sy spel te verbeter en sukkel met beserings. Die Engelse internasionale ster het tot dusver net 32 keer vir United gespeel, ‘n enkele doel aangeteken, en was in die beginspan vir net nege Premierliga-wedstryde.
# En, groothandel eierpryse het rekordhoogtes in die VSA bereik ná ‘n uitbreking van voëlgriep. Groot eiers word vir tot 102-rand per dosyn verkoop, wat die vorige rekord van 100-rand in Desember 2022 oortref. Die situasie is erger in Kalifornië as gevolg van die staat se verbod op henne in hokke grootmaak, met ‘n dosyn eiers wat tot 162-rand kos. Die prys was aan die begin van die jaar sowat 46-rand. Reuters berig byna 123-miljoen pluimvee het al gevrek weens die virus.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….