Nuus 08:00
BULLETIN 19 Desember 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa onderteken ‘n kritieke Wetsontwerp op Kernveiligheid
# Motoriste moet begroot vir brandstofprysstygings in Januarie
# En krieket: Die Proteas kry kans om die bordjies te verhang
# President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswetsontwerp op die Nasionale Kernreguleerder bekragtig. Dit maak oorsig oor kernveiligheid moontlik, van die ontsmetting van verdedigingsfasiliteite tot vlieëniers se veiligheid. Die wet gee die Nasionale Kernreguleerder ook bykomende funksies. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê dit maak voorsiening vir die ontsmetting, uitbedryf-stelling en die sluit van nasionale weermagfasiliteite, toerusting, masjinerie en afvalmateriaal vir burgerlike gebruik:
# Die Automobiel-Assosiasie raai motoriste om hul reisbegrotings noukeurig te beplan om te verseker hulle het hierdie feestyd genoeg geld om hul brandstof- en tolhekuitgawes te betaal. AA-woordvoerder, Eleanor Mavimbela, sê volgens data deur die Sentrale Energiefonds sal die prys van 95 loodvrye petrol in Januarie met sowat drie-sent per liter styg, terwyl 93 loodvrye petrol na verwagting met 11-sent per liter sal styg:
# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, sê hulle sal seker maak alle inwoners het teen Kersdag water omdat dit noodsaaklik is vir inwoners en besoekers. Die watervoorsiening herstel geleidelik ná Rand Water se beplande instandhouding wat dienste 86 uur lank onderbreek het. Morero sê die metro sukkel tans met groot waterverliese wat na raming op 40-persent van die beskikbare voorraad neerkom. Hy sê die verliese is weens onwettige verbindings, meters wat omseil word en lekplekke in infrastruktuur:
# Frankryk se appèlhof het oud-president Nicolaz Sarkozy se skuldigbevinding in 2021 aan korrupsie en invloed-misbruik bekragtig. Hy is daaraan skuldig bevind dat hy ‘n regter probeer omkoop het en sy invloed misbruik het om vertroulike inligting te bekom oor ‘n ondersoek na sy 2007-veldtog se finansies. Sarkozy het teen sy skuldigbevinding geappelleer waarvoor hy tot drie jaar tronkstraf gevonnis is, waarvan twee jaar opgeskort is. Hy moet ook vir ‘n jaar ‘n elektroniese skyfie dra, wat die eerste is vir ‘n gewese staatshoof.
# Krieket: Die Proteas kry vanmiddag die kans om terug te slaan in die tweede eendagwedstryd teen Pakistan op Nuweland in Kaapstad. Dit volg nadat die besoekers Dinsdag se opwindende eerste kragmeting in die Paarl gewen het toe hulle die teiken van 240 gehaal het. Die Proteas se paaltjiewagter, Heinrich Klaasen, het hulle verbeurde kanse betreur nadat die span tot 239 vir nege beperk is, en sê dit was 20 tot 30 lopies te min. Die laaste wedstryd word Sondag op die Wanderers in Johannesburg gespeel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-28-sent teen die dollar, 18-rand-97-sent teen die euro en 23-rand teen die pond. Bitcoin verhandel teen 101-duisend-190-dollar-22-sent. Die prys van goud is twee-duisend-608-dollar-32-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-67-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….