Nuus 08:00
BULLETIN 17 Desember 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# John Steenhuisen sê die regering van nasionale eenheid het gesorg vir vars optimisme
# Die Wes-Kaap verleng sy spazawinkel-sperdatum
# En sokker: Die Bafana Bafana-kaptein stap weg met twee groot toekennings
# Die DA-leier, John Steenhuisen, sê versoening beteken nie om die verlede te vergeet of om voor te gee dit het nie gebeur nie, maar om dit te erken en dan die land se vooruitgang te vier. Versoeningsdag is gister herdenk met die tema Genees Geskiedkundige Wonde en Smee Nuwe Toekomste. Steenhuisen sê die vorming van die regering van nasionale eenheid bring hoop vir inklusiewe ekonomiese groei en werksgeleenthede:
# RISE Mzansi sê ware nasiebou word ondermyn omdat miljoene Suid-Afrikaners nie betekenisvol by die nasionale ekonomie baat nie. Hy sê die oorsaak is swak regering, korrupsie, gebrekkige visie en politieke wil om ‘n regverdige samelewing te skep. RISE Mzansi se woordvoerder, Mabine Seabe, sê volgende jaar se nasionale dialoog wat deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is, moet belangrike vrae beantwoord:
# Die Wes-Kaapse regering het die registrasiespertyd vir spazawinkels tot vroeg volgende jaar uitgestel om verligting aan eienaars te bied. Spazawinkels landwyd moet teen vandag geregistreer wees na president Cyril Ramaphosa se opdrag na ‘n skerp toename in voedselvergiftiging-gevalle. Roshede Muller van die Nasionale Informele Handelaaralliansie het aan Newzroom Afrika gesê die alliansie steun die uitstel en benadruk die behoefte aan voldoening vir alle winkels:
# ‘n Mosie van wantroue in Kanselier Olaf Scholz van Duitsland het geslaag, twee maande nadat sy drieparty-koalisieregering in duie gestort het. Scholz het die self die mosie ingestel en het verwag dat hy dit gaan verloor sodat hy ‘n vroeë algemene verkiesing kan uitroep. Dit baan nou die weg vir ‘n verkiesing binne 60 dae, wat op 23 Februarie gehou sal word. Scholz het ter verdediging van sy besluit oor ‘n vroeë verkiesing aangevoer dat die onenigheid in die regering nie langer geduld kan word nie.
# Sokker: Bafana Bafana se kaptein, Ronwen Williams, het op die Konfederasie van Afrika-sokker se toekenningseremonie in Marrakech, Marokko, twee toekennings ontvang. Hy is aangewys as Doelwagter van die Jaar en Interklubspeler van die Jaar vir sy uitstaande vertoning vir Mamelodi Sundowns. Ademola Lookman is die Speler van die Jaar danksy sy skitterseisoen vir Nigerië en die klub Atalanta. Barbra Banda van Zambië is die Beste Vrouespeler. Williams sê dis onvergeetlik:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-75-sent teen die dollar, 18-rand-75-sent teen die euro en 22-rand-63-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 106-duisend-652-dollar-20-sent. Die prys van goud is twee-duisend-654-dollar-42-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 73-dollar-58-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….