Nuus 08:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 Desember 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa gaan Nasionale Versoeningsdag vandag toespreek
# Gholf: SA se Shaun Norris palm tweede sy DP World Tour-titel in en wen die Alfred Dunhill-kampioenskap
# En, vier Zimbabwiese renosters vrek na hulle besoedelde water drink
# President Cyril Ramaphosa is vandag die hoofspreker op die viering van Nasionale Versoeningsdag in Vredendal in die Wes-Kaap. Vanjaar se tema: ‘Heel van Historiese Wonde en Smee Nuwe Toekomste’, lig versoening, eenheid en maatskaplike saamhorigheid uit. Die vakansiedag is in 1995 ingestel om rasseharmonie aan te moedig en herdenk Suid-Afrika se demokratiese reis. Die Presidensie sê die geleentheid sal herdenking aan die verlede, die erkenning van veterane en ‘n fokus op heling en nasiebou insluit.
# Die Presidensie is besorg oor die aanstelling van McKinsey in die sakebetrokkenheidsgroep wat saamgestel is om die deelname van sakeondernemings aan die G20 te koördineer, en Bain se rol in die Kantoor vir Projekbestuur van die Energieraad van Suid-Afrika. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, beklemtoon hul vorige betrokkenheid by staatskaping en wys daarop hierdie aanstellings ondermyn openbare vertroue en goeie bestuur. Magwenya beklemtoon die behoefte aan meer geloofwaardige vennote:
# Die polisie in Mauritius het ‘n lasbrief uitgereik vir die arrestasie van die voormalige president van sentrale bank, Harvesh Seegolam, in verband met bedrog. Die optrede deur die polisie se eenheid teen geldwassery is die eerste betekenisvolle stap deur die regering van premier Navin Ramgoolam, wat gesê het die vorige regering het jare lank die land se bruto binnelandse produk, begrotingstekort en staatskuld vervals. Volgens die polisie is Seegolam in die buiteland en hy sal in hegtenis geneem word sodra hy terugkeer.
# Gholf: Shaun Norris van Suid-Afrika het gister sy landgenoot, Ryan van Velzen, uitoorlê om die Alfred Dunhill-kampioenskap in te palm by die Leopard Creek-buiteklub in Mpumalanga. Met die aanvang van die laaste ronde was Norris nog ses houe agter die oornag-voorloper, Marcus Kinhult, maar hy het op sensasionele wyse ‘n 5-onder 67 aangeteken om met een hou te wen, 13 houe onder die baansyfer. Norris het sy sewende titel op die Japan Golf Tour vroeër vandeesmaand behaal en dit was sy tweede titel op die DP World Tour nadat hy in 2022 die Steyn City-kampioenskap gebuit het.
# Ten slotte: Vier witrenosters het gevrek na hulle besoedelde water van die Chivero-meer in Zimbabwe gedrink het. Volgens die Zimbabwe-parke en -natuurbestuursowerheid is verskeie ander diere, insluitend sebra en wildebees, ook deur die sianobakterieë in die besoedelde water vergiftig. ZimParks het sedertdien die oorblywende renosters hervestig om verdere vrektes te voorkom. ZimParks sê dat besoedeling van rou riool steeds die meer raak, met owerhede wat sukkel om wild te beskerm ten spyte van skoon waterpunte.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….