Nuus 08:00
BULLETIN 15 Desember 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Julius Malema het volle vertroue in die EFF se herlewing
# Amerika en streeksdiplomate vra respek vir minderhede in Sirië na Assad
# En, rugby: Suid-Afrikaanse konsessies sukkel in Kampioenebekerkragmetings
# Die EFF-leier Julius Malema het lede op die derde nasionale Vergadering van die Mense verseker van die party se herlewing. Hy is gisteraand by Nasrec in Johannesburg onbestrede tot partypresident herkies. Malema het vertroue uitgespreek in die heropbou van die EFF ondanks die vertrek van senior lede soos Floyd Shivambu, Dali Mpofu en Busisiwe Mkhwebane na die MK-party. Hy het gemaan teen die ondermyning vsn die party se her-stigting, en sy toewyding beklemtoon aan die herwin van sy vooraanstaande posisie:
Malema het ook die party se besliste befondsingsmodel met skenkers bevestig om te keer dat skenkers se identiteite onthul word. Malema het vrese geopper oor die viktimisasie van skenkers as ‘n rede vir die afname in finansiële steun. Hy het lede van takke aangemoedig om fondse in te samel en erken hulle koffers raak leeg weens die persepsies van skenkers. Hy hou vol die EFF se befondsingstrategie voldoen aan die wet:
# Die premier van Limpopo Phophi Ramathuba lei die tweede fase van sy feesgety-padveiligheidsveldtog tot 5 Januarie 2025. Wetstoepassingsbeamptes gaan padblokkades hou, voertuiginspeksies en visuele polisiëring doen, met die fokus op openbare vervoerveiligheid, spoedmonitering en ongeluksbrandpunte. Ramathuba benadruk padveiligheid is almal se verantwoordelikheid en hy maan burgers om veiligheid voor op te stel om padsterftes te verminder en lewens te beskerm.
# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake Antony Blinken en senior diplomate van Turkye, die Europese Unie en Arabiese lande het ingestem dat ‘n nuwe regering in Sirië minderheidsregte moet respekteer. Dit volg op samesprekings gister in Jordanië en direkte kontak met die rebelle wat president Bashar al-Assad ontsetel het. Blinken het op ‘n nuuskonferensie gesê die groep het ingestem tot ‘n gesamentlike verklaring wat ook vra vir ‘n inklusiewe en verteenwoordigende regering wat die regte van minderhede respekteer en nie “‘n basis bied vir terroristegroepe nie”.
# En rugby: Die Engelse kampioene Northampton Saints spog met ‘n uitsonderlike, verdedigings-bonuspuntoorwinning van 30-21 gister oor die Bulle in die tweede ronde van die Kampioenebeker op Loftus Versfeld in Pretoria. Die Bulle se kanse om deur te dring na die uitklopronde is nou in gevaar omdat hulle nog geen punte in Groep 3 ingesamel het nie. Hulle het net twee wedstryde oor om hulle seisoen in die kompetisie te red. In ander wegwedstryde gister het die Leicester Tigers die Haaie met 56 -17 geklop en die Stormers het met 16-53 teen Harlequins verloor.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….