Nuus 08:00
BULLETIN 14 Desember 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Creecy stel paneel aan om uitdagings met Lugverkeer- en Navigasiedienste te ondersoek
# Geen beurtkrag verwag na Matla-kragstasieontploffing nie [KLANK]
# Rugby: Vyf Suid-Afrikaanse spanne speel die naweek weer in Europese kompetisies
# Die minister van Vervoer Barbara Creecy het ‘n komitee van lugvaartkenners aangestel om die kwessies te ondersoek wat die Lugverkeer- en Navigasiedienste in die wiele ry. Die entiteit sukkel met uitdagings in die onderhoud van vluginstrumentprosedures, werwing en infrastruktuurbelegging. DIe komitee, gelei deur vooraanstaande lugvaartkundiges, sal teen Januarie 2025 ‘n voorlopige verslag indien. Creecy het die entiteit se kritieke rol beklemtoon in lugvaartveiligheid en toerismegroei. Sy lig ook die behoefte uit aan volhoubare oplossings om vertragings teen te werk en operasionale doeltreffendheid te verseker.
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa gee die versekering geen beurtkrag sal volg, ná ‘n ontploffing by die Matlakragstasie in Mpumalanga nie. Nege werknemers is in die hospitaal opgeneem, een is kritiek beseer, en twee is ontslaan. Ramokgopa bevestig eenheid ses is beskadig, en eenheid 5 is vir die veiligheid van die werknemers uit bedryf gestel. Hy sê ondersoeke na die oorsaak van die ontploffing duur voort:
Die groep-uitvoerende hoof van Eskom, Dan Marokane. sê intussen die kragsnutsmaatskappy wag op die goedkeuring van die Departement van Arbeid om toegang te kry tot die gebied van die ontploffing by die Matlakragstasie in Mpumalanga vir verdere ondersoeke. Marokane het die media toegespreek en gesê ‘n verlies aan energie kon die ontploffing veroorsaak het, maar dit is onbeslis:
# Rusland het Oekraiënse energiegeriewe gister hard geslaan in ‘n reuse lugaanval. President Volodymyr Zelenskyy sê dit was een van die grootste tot nog toe op die sukkelende netwerk. Hy sê dit bewys hoekom Kiëf nog Westerse hulp nodig het voor enige vrede met Rusland. Mediaberigte lui die 12de groot aanslag op die energiestelsel vanjaar het kraggeriewe beskadig in verskeie streke van Oekraïene en die owerhede gedwing om selfs langer elektrisitietsonderbrekings in te stel vir miljoene burgerlikes. Zelenskyy sê Rusland het 93 missiele en byna 200 hommeltuie tydens die aanvalle afgevuur.
# En, Rugby: Vyf Suid-Afrikaanse spanne speel die naweek weer in Europese klubkompetisies. Die Bulle verwelkom Northampton Saints vanmiddag op Loftus vir ‘n Kampioenebeker-kragmeting en die Haaie besoek Engeland vir ‘n wedstryd teen Leicester Tigers, met afskop 7.30 vanaand. Die Stormers is ook oorsee en pak Harlequins later vanaand in Londen. Die Leeus is môre gasheer vir Section Paloise in Johannesburg in die Europese Uitdaagbeker en die Cheetahs speel later vanaand teen Cardiff in the Walliese hoofstad.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….