Nuus 08:00
BULLETIN 1 Desember 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Think20 SA benadruk oplossings vir Afrika se skuldkrisis met Suid-Afrika wat die G20 lei
# USAID vra beskerming van regte om Vigs teen 2030 te beëindig
# En, rugby: Die Blitsbokke is deur na die kwarteindstryd van die Dubai Sewes
# Die G20 se amptelike kontakgroep, Think20 SA – ‘n netwerk van navorsingsinstitute – doen ‘n beroep dat oplossings vir Afrika se skuldkrisis vooropgestel moet word met Suid-Afrika wat vandag die presidentskap van die G20-lande oorneem. Suid-Afrika neem by Brasilië oor wat ‘n sleuteloomblik in sy globale diplomasie is. ‘n Assosiaat-organisasie, Pan African Thought and Conversation, se direkteur, Siphamandla Zondi, sê intussen bewysgebaseerde beleidsrigtings word aanbeveel om die G20 agenda te rig. Hy sê talle van die kwessies in die G20-groep is in Afrika se belang:
# Vandag is Wêreld-Vigs-dag en die Amerikaanse hulporganisasie USAID beklemtoon die beskerming van menseregte is noodsaaklik om Vigs as ‘n bedreiging vir openbare gesondheid teen 2030 te beëindig. Die adjunk-uitvoerende hoof van UNAIDS, Angeli Achrekar, sê vordering met die reaksie op MIV is direk verbind met menseregtevooruitgang, en tog bedreig verbrekings die vordering. Sy sê die Take the Rights Path -veldtog moedig wêreldleiers aan om stelsels aanspreeklik te hou vir volhoubare vordering in die stryd teen Vigs:
# Die DA in Johannesburg het die aanstelling van die voormalige burgemeester, Thapelo Amad, as voorsitter van die Artikel 79-Gesondheids- en Maatskaplike Ontwikkelingskomitee gekritiseer. Die DA-lid, Mohammed Alex Christians, noem Amad se swak rekord as burgemeester, insluitend sy wanbestuur en gebrek aan leierskap. Christians beweer hierdie stap plaas koalisiebestendigheid hoër as die burgers se welsyn, en beloof om hom aanspreeklik te hou vir komiteeverantwoordelikhede wat kwesbare inwoners van Johannesburg raak.
# Vyftien van Oekraïne se burgerlike lughawens is beskadig sedert Rusland die land in Februarie 2022 ingeval het. Die Oekraïese eerste minister Denys Shmyhal het gister aan die plaaslike media gesê die land, wat 20 burgerlike lughawens het, het maniere ondersoek om sy lugruim deels te heropen. Dit is sedert die begin van die oorlog heeltemal gesluit. Oekraïeners wat na die buiteland wil vlieg moet tans per pad of spoor na buurlande reis om vlugte te haal. Vir diegene wat in die ooste woon kan net die reis uit Oekraïne self ‘n dag neem.
.
# En rugby: Die Blitsbokke is deur na vandag se kwarteindstryd van die Dubai Sewes na ‘n naelbyt-oorwinning oor Frankryk in hulle derde en laaste wedstryd gister in Groep A. Die Suid-Afrikaners het goed afgeskop met ‘n oortuigende 17-0-oorwinning oor Australië, maar het met 22-17 vasgeval teen Kenia. Die telling teen Frankryk was gelykop, 19-elk, aan die einde van die toegelate tyd, maar Donovan Don het die wendrie in bykomende tyd gedruk vir ‘n eindtelling van 24-19. Die Blitzbokke kom later vanoggend in hulle kwarteind te staan teen Nieu-Seeland.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….