Nuus 08:00
BULLETIN 29 November 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Adjunkpresident Mashatile sê Suid-Afrika is wêreldwyd verbind tot vrede en maatskaplike geregtigheid
# Rise Mzansi sê volgende jaar se nasionale dialoog kan nie nog ‘n geginnegaap wees nie
# En amptenare voer ‘n verrassingsklopjag uit by die berugte Mangaung Korrektiewe Sentrum
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika is verbind tot onpartydigheid in konflik, en gee voorkeur aan wêreldwye maatskaplike geregtigheid, vrede en ontwikkeling. Hy het die gedenklesing gelewer by die Cape Town Conversation wat deur die Thabo Mbeki-stigting gereël is. Mashatile sê die regering het sy waardering vir en toewyding aan vrede getoon deur Israel by die Internasionale Geregshof te verkla oor misdade teen Palestynse mense, veral in Gaza:
# Rise Mzansi sê die nasionale dialoog wat vir vroeg volgende jaar beplan word, kan nie net nog ‘n geleentheid vir praatjies wees as die regering ernstig is om die land te bou wat landsburgers verdien nie. Die dialoog se doel is om die ernstige probleme wat die land bedreig, te bespreek. Rise Mzansi se leier, Songezo Zibi, sê die nasionale dialoog moet begrip toon vir die huidige politieke, maatskaplike en ekonomiese konteks. Hy sê dit sal politieke volwassenheid vereis, veral van die ANC en DA wat byna weekliks in openbare woordewisselings betrokke is.
# Amptenare van die Departement van Korrektiewe Dienste het gisteraand ʼn verrassingsbesoek aan die Mangaung Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein gebring. Dit volg na die bekendstelling van Operasie Vala om in die feestyd veiligheid, sekerheid en nakoming by gevangenisse te verbeter. Die tronk wat deur die privaat sekerheidsmaatskappy, G4S, bestuur word, is waar die veroordeelde moordenaar en verkragter, Thabo Bester, in 2022 ontsnap het. Die departement se nasionale kommissaris, Makgothi Thobakgale, sê hulle het tydens die deursoeking verskeie smokkelware, selfone en geld gevind:
# Die Russiese president Vladimir Putin dreig om Oekraïne weer aan te val met ʼn nuwe ballistiese missiel, Oreshnik, wat ook kernvermoë het. Die dreigemente is in reaksie op ʼn besluit van Amerika, Brittanje en Frankryk om Oekraïne toe te laat om langafstand-missiele, wat hulle verskaf, af te vuur op militêre teikens in Moskou. Oekraïne het verlede week Atacms en Britse Storm Shadow-missiele gebruik in aanvalle in Rusland. Dié land het daarop gereageer met ʼn omvattende aanval Woensdagaand op Kiev se energienetwerk. Putin sê hy sal voortgaan om te reageer op aanvalle in Russiese grondgebied.
# Motorsport: Die Britse renjaer, Lando Norris, verskil van die Nederlander, Max Verstappen, se mening dat hy die Formule Een-wêreldkampioenskap sou wen as hy ʼn McLaren of ʼn Ferrari bestuur het. Die Red Bull-jaer het verlede Saterdag in Las Vegas sy vierde F1-wêreldkampioenskap beklink met twee rondes van die seisoen wat oorbly. Die McLaren-jaer, Norris, wat Verstappen se enigste oorblywende teenstander in die titelstryd is, sê Red Bull het hierdie seisoen in die meeste wedrenne die vinnigste motor gehad:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-6-sent teen die dollar, 19-rand-8-sent teen die euro en 22-rand-94-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-648-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-657-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-68-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….