Nuus 08:00
BULLETIN 19 November 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Chikunga sê ‘n holistiese benadering is nodig om geslagsgeweld te bekamp
# Minister Ramokgopa skors ‘n voltydse Nersa-lid
# En Donald Trump se keuse vir die prokureur-generaal het na bewering twee vroue vir seksuele gunsies betaal
# Die minister van Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê ‘n holistiese langtermynbenadering is nodig om geslagsgeweld te bekamp. Die minister het Maandag die eerste Suid-Afrikaanse nasionale studie oor die voorkoms van geslagsgeweld ontvang. Dit het onthul dat 14,6-persent vroue met gestremdhede al deurgeloop het onder geweld deur ʼn intieme lewensmaat, terwyl 33,1-persent van alle vroue van 18 jaar en ouer fisiese geweld beleef het. Chikunga sê die studie se bevindings is ʼn oproep vir onmiddellike optrede:
# Die minister van Elektrisiteit en Energie Kgosientsho Ramokgopa het ‘n voltydse lid vir elektrisiteit van die energiereguleerder Nersa, Nhlanhla Gumede, geskors. Dit volg hangend die uitkoms van ‘n onafhanklike ondersoek na beweerde oortredings. Gumede se skorsing volg drie maande nadat hy gesê het die vinnige styging in elektrisiteitstariewe is die gevolg van Nersa se onvanpaste prysmetodologie, wat verbind word met uitgediende wetgewing. Dit het die reguleerder ‘n verklaring laat uitreik om homself te distansieer van Gumede se uitlatings. Nersa hou tans landwye openbare verhore oor Eskom se versoek vir ‘n tariefverhoging van 36-persent.
# RISE Mzansi sê hy steun pogings deur die Gautengse LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling, Vuyiswa Ramokgopa, om korrupsie en wanbestuur in landbouprojekte te ondersoek. Die party verwelkom Ramokgopa se ondersoek na die Farmyard-houerwinkelprojek wat die provinsie reeds 28-miljoen-rand uit die sak gejaag het. Woordvoerder van RISE Mzansi, Gugu Ndima, sê die ondersoek sal daarop ingestel wees om die werklike koste van die projek te bepaal, vas te stel of oorspronklike doelwitte bereik is en om die operasionele status van die houers te beoordeel:
# Twee vroue het voor die Amerikaanse Huis se etiekkomitee getuig die gewese Republikeinse kongreslid, Matt Gaetz, het hulle vir seksuele gunsies betaal. Dit is volgens hulle prokureur, Joel Leppard. Gaetz, wat die bewerings ontken, is deur verkose president Donald Trump gekies om in sy tweede administrasie as prokureur-generaal te dien. Leppard sê in ʼn onderhoud met CBS, een van die vroue het getuig sy het in 2017 gesien hoe Gaetz by ʼn huispartytjie seks het met ʼn 17-jarige meisie:
# Sokker: Die Konfederasie van Afrikasokker het die topvyf benoemings in die mans se sewe kategorieë vir die CAF-toekennings van volgende maand bekendgemaak. Bafana Bafana se doelwagter, Ronwen Williams, is in drie kategorieë benoem, insluitend Speler van die Jaar en Doelwagter van die Jaar. Bafana Bafana-afrigter Hugo Broos is benoem as Afrigter van die Jaar, en die nasionale span vir Span van die Jaar. Op die tuisfront is Mamelodi Sundowns benoem as Afrikaklub van die Jaar.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-92-sent teen die dollar, 18-rand-99 teen die euro en 22-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 91-duisend-459-dollar-2-sent. Die prys van goud is twee-duisend-624-dollar-39-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 73-dollar-35-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….