Nuus 08:00
BULLETIN 15 November 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die bewilligingskomitee sê die Parlement kan nie ‘n rubberstempel vir die uitvoerende gesag wees nie
# Die GOOD-party eis ‘n ondersoek na die finansiële wanbestuur in sokker
# En Donald Trump kies ‘n entstof-skeptikus en sy eie prokureur om in sy administrasie te dien
# Die parlementêre staande komitee oor Bewilligings het kommer uitgespreek oor die wyse waarop die Nasionale Tesourie die oordrag van fondse aan regeringsdepartemente goedkeur. Die komitee het gister met die Finansiële en Fiskale Kommissie en die Parlement se Begrotingskantoor vergader. Die komiteevoorsitter, Mmusi Maimane, het aan die SABC gesê die Parlement kan nie ‘n rubberstempel vir die uitvoerende gesag wees wat die mediumtermynbegroting betref nie:
# Die GOOD-party vra ʼn volledige ondersoek na die finansiële wanbestuur by die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging. Dit volg nadat SAFA-president Danny Jordaan en twee medebeskuldigdes vroeër die week gearresteer en aangekla is van bedrog en diefstal van sowat 1,3-miljoen-rand. Die drie is uit op borgtog van 20-duisend-rand elk. Lulama Benge van GOOD sê die nasionale sokkerhelde het te lank finansieel gesukkel terwyl die uitvoerende gesag beskuldig is dat hulle in weelde lewe:
# ActionSA in Gauteng sê hy gaan verkopers by skole bystaan wat geraak word deur die LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, se verbod op kosverkope by en naby skole. Die provinsie het meer as 400 siektes en 23 sterftes wat met kos verband hou, aangemeld. ActionSA sê hy glo siektes en sterftes wat deur kos veroorsaak word, het rampspoedige afmetings aangeneem. Hy voeg egter by dit kan nie opgelos word deur onwettige buitelanders, wat hulle as sakepersone voordoen, te beskerm ten koste van wetsgehoorsame Suid-Afrikaanse landsburgers nie.
# Amerika se verkose president, Donald Trump, het Robert F. Kennedy Junior gekies om die Departement van Gesondheid en Humanitêre Dienste in sy tweede Withuis-administrasie te lei. Die entstof-skeptikus het in die 2024-presidentsveldtog as onafhanklike gestaan voordat hy Trump gesteun het. Die verkose president het Todd Blanche benoem as adjunk-prokureur-generaal. Blanche het Trump vroeër vanjaar in sy verhoor in New York verteenwoordig waar hy skuldig bevind is dat hy sakerekords vervals het. Die voormalige Georgia-kongreslid, Doug Collins, is gekies om die Departement van Veterane-sake te lei.
# Tennis: Die wêreld se nommer een, Jannik Sinner, is deur na die halfeindronde van die ATP-jaareindtoernooi in Turyn, Italië. Die 23-jarige Sinner het op sy tuisgrond die Rus, Daniil Medvedev, met 6-3, 6-4 verslaan om bo-aan die Ilie Nastase-groep te eindig en Medvedev terselfdertyd uit te skakel. Die Amerikaner, Taylor Fritz, is intussen ook deur na die halfeindronde nadat hy die Australiër, Alex de Minaur, met 5-7, 6-4, 6-3 geklop het. Fritz sê dit was fisies ʼn taai wedstryd:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-24-sent teen die dollar, 19-rand-24-sent teen die euro en 23-rand-13-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 88-duisend-287-dollar-2-sent. Die prys van goud is twee-duisend-568-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-13-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….