Nuus 08:00
BULLETIN 10 November 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Grensbestuursowerheid en SARS los die vrag-opeenhoping op met die heropening van die Lebombo-grenspos
# Die polisie lê in beslag op meer as R2-miljoen-rand se vervalste goedere in Fordsburg
# En, rugby: Die Wallabies gaps op die nippertjie ‘n oorwinning oor Engeland in ‘n naelbytstryd
# Die Grensbestuursowerheid en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het vragbedrywighede by die Lebombogrens hervat. Die opeenhoping van skeepsladings is opgelos nadat Mosambiek die verwerkingstelsels by Ressano Garcia herstel het. Die woordvoerder van Grensbestuur, Mmemme Mogotsi, sê kommissaris Michael Masiapato het bevestig die hawe werk weer volstoom. Reisigers word aangemoedig om op die hoogte te bly van ontwikkelings terwyl hulle en SARS seker maak van veilige, doeltreffend grensverwerking:
Intussen het die voorsitter van die Oorgrensvereniging, Joseph Ntemane, ernstige finansiële verliese vir die taxibedryf bevestig weens die onlangse sluiting van die grens en geweld. Hy sê bestuurders het erg deurgeloop met voertuie wat op krediet gekoop is, omdat hulle nie ‘n inkomste gehad het tydens die sluiting nie. Terwyl vragoperasies hervat is, vra hy ‘n vinnige oplossing in Mosambiek vir sakebestendigheid en vrag:
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het in Fordsburg, Johannesburg beslag gelê op vervalste goedere ter waarde van meer as twee-miljoen-rand, en 24 verdagtes in hegtenis geneem. Die aanklagte sluit in 23 sake van oortreding van die Wet op Immigrasie en een van handel in vervalste goedere. Die woordvoerder van die Polisie Amanda van Wyk sê die operasie, gelei deur die SAPD en talle wetstoepassingsagentskappe, het beslag gelê op meer as agt-duisend items, waaronder elektronika en selfone, in ‘n geteikende klopjag op ‘n plaaslike winkelsentrum:
# Minstens 24 mense is gister dood en meer as 40 gewond in ‘n bomaanval in ‘n spoorwegstasie in die stad Quetta in die suidweste van Pakistan. Quetta is die hoofstad van die Balochistan-provinsie, wat geteister word deur ‘n vlaag aanvalle deur afskeidingsgesinde etniese militante wat sekerheidskommer veroorsaak het oor projekte wat die streek se onontginde minerale hulpbronne wil ontwikkel. Die owerhede sê 16 soldate van Pakistan se weermag is onder die slagoffers. Die Baloch-bevrydingsleër, ‘n afskeidingsgesinde militante groep, sê hy is verantwoordelikheid vir die aanval.
# En, rugby: Engeland, wat gisteraand die gunstelinge was in hulle kragmeting met die Wallabies op Twickenham, is ontnugter toe hulle met 42-37 teen die besoekers verloor het. ‘n Drie in die doodsnikke deur die plaasvervanger-agterspeler Max Jorgensen het die wedstryd vir die Aussies vasgeknoop. In ander kragmetings het Argentinië Italië met 50-18 vermorsel, Frankryk het Japan met 52-12 ondergesit en Portugal het tuis met 21-17 teen die VSA verloor. Die Bokke pak Skotland vanaand op Murrayfield in ‘n wedstryd wat gretig afgewag word. Dit skop sesuur af.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….