Nuus 08:00
BULLETIN 4 November 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Paul Mashatile het volgens berigte voor die ANC se integriteitskommissie verskyn
# John Hlophe sê die MK-party sal nooit by die regering van nasionale eenheid aansluit nie
# En Donald Trump sê hy moes nie die Withuis in 2020 verlaat het nie
# Adjunkpresident Paul Mashatile het volgens berigte die naweek voor die ANC se integriteitskommissie verskyn. City Press berig hy moes verslag doen oor al die bewerings teen hom wat in die media gemaak word. Van die bewerings sluit in dat Mashatile se skoonseun voordeel getrek het uit staatstenders en dat die adjunkpresident in huise woon wat met tendergeld gekoop is. Hy het volgens berigte ook die Parlement mislei deur nie sy gebruik van verskeie eiendomme te verklaar nie. Dit sluit in ‘n huis van 37-miljoen-rand in Waterval, Gauteng. Mashatile ontken al die bewerings.
# Die adjunk-president van die MK-party, Jhn Hlophe, sê sy party sal nooit by die regering van nasionale eenheid aansluit nie. Die party staan krities teenoor die koalisieregering wat deur die ANC gelei word en beskou dit as verraad teen bevrydingsdoelwitte en ‘n samewerking met regsgesinde partye soos die DA. Hy beskryf die regering van nasionale eenheid ook as onbevoeg en blameer hom dat hy belangrike hervormings vertraag. Hlophe het aan eNCA gesê Suid-Afrika sal nooit ‘n eenpartystaat wees nie:
# Polisie in Noordwes sê 565 onwettige mynwerkers is gedwing om verlate mynskagte in Orkney tydens ʼn Vala Umgodi-operasie te verlaat. Hulle het weens honger en ontwatering uit ʼn doolhof van tonnels na die oppervlak gekom. Sedert Operasie Vala Umgodi in Desember begin het, is meer as 13-duisend-690 verdagtes vasgetrek in die sewe provinsies wat brandpunte vir onwettige mynbedrywighede het. Polisiewoordvoerder Sabata Mokgwabone sê hulle gaan voort om ou, verlate mynskagte dop te hou:
# Oudpresident Donald Trump sê hy moes nooit die Withuis verlaat het nadat hy die 2020-verkiesing verloor het, maar waarvan hy die uitslag nie aanvaar het nie. Hy het die opmerkings gemaak by een van sy laaste verkiesingsaamtrekke in die swaaistaat, Pennsilvanië. Trump het tydens sy toesprake weer samesweringsteorieë uit 2020 opgehaal dat stem-masjiene gekraak is en die stembusse in Pennsilvanië wat langer oopgebly het, op bedrog neerkom. Amerikaners gaan môre [Dinsdag] na die stembus om óf vir Trump óf visepresident Kamala Harris te stem.
# Motorsport: Max Verstappen van Red Bull het ʼn verstommende terugkeer uit die 17de wegspringplek gemaak om die Sao Paulo Grand Prix te wen. Esteban Ocon en Pierre Gasly was onderskeidelik tweede en derde om twee podiumplekke vir Alpine te verseker. Verstappen se wêreldkampioenskap-teenstander van McLaren, Lando Norris wat in die eerste plek weggespring het, het sesde geëindig. Hy is nou 62 punte agter die Nederlander met 86 punte beskikbaar in die laaste drie wedrenne. Verstappen sê dis ʼn emosionele oorwinning:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-51-sent teen die dollar, 19-rand-9-sent teen die euro en 22-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-142-dollar-40-sent. Die prys van goud is twee-duisend-740-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 74-dollar-2-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….