Nuus 08:00
BULLETIN 14 Augustus 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA sal nie ‘n formele afvaardiging na die Nasionale Dialoog-konvensie stuur nie
# Die GOOD-party sê die konvensie is noodsaaklik vir die volhoubaarheid van demokrasie
# En Donald Trump waarsku teen ernstige gevolge as Putin nie tot ‘n skietstilstand instem nie
# ActionSA sê in die lig van toenemende kommer oor die Nasionale Dialoog, sal hy nie die naweek ‘n amptelike afvaardiging van sy nasionale leierskap na die nasionale konvensie stuur nie. Die party sal egter twee senior parlementslede as waarnemers stuur om die konvensie te monitor en toesig te hou. ActionSA se woordvoerder, Matthew George, sê hulle is nie oortuig enige bekommernisse van belangrike rolspelers, organiseerders en die publiek is hanteer nie:
Darenteen sê die GOOD-party hy het ingestem om aan die Nasionale Dialoog-konvensie deel te neem omdat hy dit as noodsaaklik vir die volhoubaarheid van die nie-rassige Konstitusionele demokrasie beskou. Die naweek se konvensie gaan die grondslag lê vir besprekings van Suid-Afrika se ekonomiese-, maatskaplike- en regeringsprobleme. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê wat nodig is, is ‘n introspektiewe bespreking van die nasie se siel wat hom nie leen tot gewilde of verdelende retoriek van verkiesingsveldtogte nie:
# Die Stad Johannesburg se raadspeaker, Margaret Arnolds, het die ontbinding van die Spesiale Onafhanklike Ondersoekkomitee teruggetrek. Die komitee het in Junie 2023 toestemming gekry om korrupsiebewerings by amptenare van die Groep Forensiese en Ondersoekdienste te ondersoek. Die voormalige speaker, Nobuhle Mthembu, het die ondersoek in April vanjaar afgelas weens begrotingsprobleme. Arnolds sê regeringsprosesse se integriteit hang af van onafhanklike komitees wat sonder inmenging kan werk. Sy sê haar kantoor wil seker maak die komitee handel sy werk volledig af.
# President Donald Trump van Amerika sê daar sal ernstige gevolge wees as sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, nie instem om die oorlog in Oekraïne te staak nie. Die twee ontmoet môre in Alaska in wat die Withuis as ʼn luistersessie beskryf. Europese leiers maan Trump om nie ʼn eensydige vredesooreenkoms te aanvaar nie. Trump sê indien môre se ontmoeting goed afloop, sal hy probeer om ʼn tweede een te reël waarby Putin en president Volodymyr Zelensky van Oekraïne betrek word:
# Sokker: Die Europese kampioene, Paris St-Germain, was twee doele agter, maar het Tottenham Hotspur in ʼn uitspeelstryd geklop om die UEFA Super-beker te wen. Spurs was 2-0 voor ná doele deur Micky van de Ven en Cristian Romero. PSG se plaasvervanger, Lee Kang-in, het egter een bygedra en nog ʼn plaasvervanger, Gonçalo Ramos, het die gelykmaker in die 94ste minuut aangeteken en ʼn uitspeelstryd afgedwing. PSG het dit met 4-3 gewen en spog met hul eerste Europese trofee van die seisoen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-50-sent teen die dollar, 20-rand-48-sent teen die euro en 23-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 123-duisend-659-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-358-dollar-98-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-59-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….