Nuus 08:00
BULLETIN 5 Oktober 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika is nou 191 dae sonder beurtkrag en miljarde rand se diesel is gespaar
# Die Al Jamah-ah-leier sluit aan by ‘n massa-saamtrek vir Palestynse solidariteit
# En, padwedlope: Die Parkrun-verskynsel gedenk 20 jaar
# Suid-Afrika is nou 191 dae sonder beurtkrag. Eskom skryf dit toe aan sy Opwekking-bedryfsherstelplan, wat jaar-tot-jaar 11,51-miljard-rand in dieselkoste bespaar. Die woordvoerder Daphne Mokoena sê die Energie-beskikbaarheidsfaktor het verbeter tot 63,2-persent, met die bes-presterende kragstasies soos Duvha wat 81,9-persent bereik. Sy sê die voortgesette verbetering in die opwekkingsvloot se prestasie word ook toegeskryf aan versnelde instandhouding:
# Die leier van Al Jamah-ah, Ganief Hendricks, gaan aansluit by die Palesynse Solidariteitsveldtog en meer as 40 ander organisasies in ‘n optog na die Parlement op die eenjarige herdenking van die begin van die huidige oorlog in Gaza. Hulle eis ‘n einde aan Israelse aanvalle op Gaza, Libanon, Sirië en Jemen, en vra sanksies teen Israel. Hendricks vra die Parlement om die Apartheidswetsontwerp deur te voer en geregtigheid vir Palestyne af te dwing:
# Die adjunkpresident Paul Mashatile het sy werksbesoek aan Brittanje susksesvol afgesluit, wat gemik was op ‘n hupstoot vir Suid-Afrika se ekonomie. Onder die sleutelontmoetings was vergaderings met finansiële instellings en regeringsleiers. Mashatile het klem geplaas op Suid-Afrika se beleggingsmoontlikhede en die land se politieke bestendigheid onder die nuwe regering van nasionale eenheid. Die besoek het ook bilaterale betrekkinge tussen die twee lande herbevestig, gefokus op handel, innovering en die Billike Energie-oordrag.
# Israel het nie versekerings aan die Biden-administrasie gegee dat die teiken van Iran se kern-aanlegte nie ‘n moontlikheid is in reaksie op Iran se ballistiese missielaanvalle vroeër die week nie. ‘n Top Amerikaanse Buitelandse Sake-amptenaar het aan CNN gesê dit is regtig moeilik om te voorspel of Israel die herdenking van Hamas se aanvalle op 7 Oktober sal gebruik vir nog aanvalle. President Joe Biden het vroeër die week gesê Amerika sal nie Israel se teikening van Iran se kernprogram steun nie. Amerika werk al byna ‘n jaar lank om te voorkom dat die konflik ontaard in ‘n groter oorlog.
# En ten slotte, padwedlope: Parkrun, die wêreldwye vyf-kilometer-drafverskynsel gedenk vandag sy 20ste verjaarsdag. Dit het met net 13 deelnemers in Londen se Bushypark begin en daar is nou meer as twee-duisend-500 plekke in 23 lande met meer as 100-miljoen deelnemers. Stigter Paul Sinton-Hewitt loof Parkrun as ‘n magtige goedvoel-instrument wat gesondheid en die gemeenskap bevorder. Die gratis byeenkoms word deur vrywilligers bestuur en verwelkom alle soorte hardlopers, van Olimpiese atlete tot groentjies.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….