Nuus 08:00
BULLETIN 21 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Nersa verwerp die waninligting oor Eskom se inkomste-aansoek
# Die Vaaldam se vlakke daal tot 40-persentasiepunte onder verlede jaar se kerf
# En, rugby: Die Bokke wil graag geskiedenis maak vanaand
# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het sosiale media-bewerings van elektrisiteitspryse wat met 40-persent gaan styg weens die beweerde plundering van 82-miljard-rand deur ANC-kaders by Eskom, verwerp. Die reguleerder het verduidelik die onderneming se huidige aansoek is vir inkomstebepaling, nie kliënte-tariefverhogings nie. Charles Hlebela van Nersa sê die inkomstevereiste bepaal die toelaatbare inkomste wat Eskom kan verhaal, met tariewe wat afsonderlik oorweeg moet word:
# Daar is ‘n beduidende afname in watervlakke by die Vaaldam getoon, wat tans op 43-persent is vergeleke met 83,1-persent verlede jaar. Die Departement van Water en Sanitasie sê hierdie daling hou ‘n potensiële waterkrisis in, met die Geïntegreerde Vaalrivierstelsel wat ook tot 76,6-persent gedaal het. Die departement doen ‘n beroep op inwoners om water te bespaar aangesien finansiële druk op waterrade breër voorrade in die streek bedreig.
# Die Kabinet monitor die uitbreking van bek-en-klou-seer en bilharzia noukeurig. ‘n Uitbreking in die Sarah Baartman-distrik in die Oos-Kaap het gelei tot ʼn beroep op veeboere om die beweging van diere te beperk. In Limpopo is 150 gevalle van bilharzia bevestig en verskerpte inperkingsmaatreёls in ingestel. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshaveni, het aan die media gesê gesondheidsamptenare werk om die verspreiding van die siektes te beperk:
# Rugby: Deurwinterde Springbok-ondersteuners deins glad nie daarvan terug om tot middernag wakker te bly om hulle helde te ondersteun nie wanneer hulle in die Rugbykampioenskap in Santiago teen Argentinië speel. Die wedstryd begin om 11-uur vanaand en ʼn plek in die rekordboeke is op die spel. Indien hulle wen, en dit word wyd en syd verwag, sal die Bokke slegs die tweede keer in hulle geskiedenis die titel inpalm, sedert die Drienasies in 2012 tot die Rugbykampioenskap herdoop is toe Argentinië bygevoeg is. Hulle het die Kampioenskap laas in 2019 verower.
# En, MyCiti-pendelaars in Kaapstad sal vanaf die eerste van aanstaande maand laer busreisgeld betaal. Die aangepaste reisgeld dui op laer bedryfskoste as gevolg van ʼn volgehoue daling in dieselpryse die afgelope drie maande. Tariewe in piektyd en afpiektye sal verlaag word volgens verskeie afstandsgroepe. Die burgemeesterkomiteelid vir Stedelike Beweeglikheid, Rob Quintas, sê die aanpassing sal pendelaars help om geld te bespaar in uitdagende ekonomiese tye:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….