Nuus 08:00
BULLETIN 20 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering verwelkom daling in rentekoerse en laer inflasie
# Die EFF verwerp die rentekoersverlaging
# En rugby: Die Springbok-vroue behaal ’n oortuigende oorwinning oor Spanje
# Die regering sê die daling in rentekoerse gee noodsaaklike verligting aan sakeondernemings en huishoudings terwyl die ekonomie van onlangse probleme herstel. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêre beleidskomitee het die terugkoopkoers met 25 basispunte verlaag tot agt-persent. Dis die eerste daling in vier jaar. Die regering se woordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê hierdie positiewe besluit van die Reserwebank kom terwyl ekonomiese aanduiders bemoedigende tekens van stabiliteit toon:
Die EFF het intussen het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit verwerp. Die EFF se woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê hulle verwelkom die verligting vir die werkersklas en verbruikers maar die Reserwebank se konserwatiewe benadering wek kommer:
# Die voormalige uitvoerende hoof van die SABC, Hlaudi Motsoeneng, het sy vierde appèl verloor om die prestasiefooi van 11,5-mijoen-rand terug te betaal wat in 2016 aan hom toegeken is. Die Konstitusionele Hof het sy appèl verwerp en vorige uitsprake onderskryf dat die betaling onwettig was. Motsoeneng moet die bedrag met rente terugbetaal aangesien sy dienskontrak nie voorsiening gemaak het vir sulke bonusse nie. Die Spesiale Ondersoekeenheid vorder steeds die oorblywende fondse in van sy pensioenvoordele.
# Die Verenigde Nasies se Menseregte-moniteringsending in Oekraïne waarsku dat herhaalde Russiese aanvalle op die energie-infrastruktuur en kragonderbrekings nog 500-duisend mense sal ontwortel. Tussen Maart en Augustus vanjaar is nege langafstand- en grootskaalse gekoördineerde aanvalle op Kiev se elektriese kragstelsel uitgevoer. Die VN sê die militêre veldtog om Oekraïne se burgerlike elektrisiteit-, hittevoorsiening- en transmissie-infrastruktuur te beskadig of te vernietig, skend die basiese beginsels van internasionale humanitêre reg.
# Rugby: Die Springbok-vroue het Spanje in ‘n toets op die Kaapstad-stadion met 36-19 afgeransel. Libbie Janse van Rensburg, een van die drie-drukkers, het die eerste Springbok-vrouespeler geword wat meer as 200 toetspunte aanteken. Die wedstryd was ter voorbereiding van die tweede weergawe van die Vroue-vyftien wat die einde van die maand afskop. Die prestasie-afrigter, Swys de Bruin, het sy span se verdediging en aanvalsvermoë geloof:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-48-sent teen die dollar, 19-rand-53-sent teen die euro en 23-rand-25-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-355-dollar-64-sent. Die prys van goud is twee-duisend-592-dollar per fynons en die prys van Brent ruolie 74-dollar-74-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….