Nuus 08:00
BULLETIN 14 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa sê minister Gwarube se afwesigheid by die BELA-wet-ondertekening is ‘n nietigheid
# Duitsland is krities oor die stadige energie-oordrag in Suid-Afrika
# En, sokker: Messi is terug na ‘n enkelbesering hom twee maande op die kantlyn hou
# President Cyril Ramaphosa het die afwesigheid van die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, by die ondertekening van die Wet op Basiese Onderwyswette afgemaak en beskou dit as ‘n nietigheid. Die president het besluit om vir 90 dae te wag met die implementering van twee klousules van die wet om tyd in te ruim vir verdere beraadslaging en oplossings. Ramaphosa het tydens ʼn gesprek met die media gesê die fokus bly steeds op doeltreffende implementering:
Intussen sê COSATU hy het met teleurstelling kennis geneem van Ramaphosa se besluit om die implementering van twee klousules in die wet uit te stel ondanks die ondertekening daarvan. Die vakbondfederasie waardeer egter die president se tydsbeperking van drie maande waarin partye verder kan gesprek voer oor die twee klousules rondom skooltoelating en taalbeleid. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê die wet se progressiewe doelwitte moet onveranderd bly, insluitend die graad R-insluiting en versterkte skoolveiligheidsmaatreëls:
In sy reaksie het die UDM Ramaphosa se ondertekening versigtig verwelkom. Die party sê hy ondersteun die wet se doel om onderwys te moderniseer, maar het kommer uitgespreek oor die moontlike sentralisering van mag weg van skoolbeheerliggame en plaaslike gemeenskappe. Zandile Phiri van die UDM het die behoefte aan beter skoolinfrastruktuur en uitgebreide openbare raadpleging beklemtoon:
# Duitsland is ʼn sleutelskenker van Suid-Afrika se Billike Energie-oordragvennootskap en sê die land se energie-oordrag vorder te stadig. Duitsland is ‘n vennoot in ʼn klimaatsfinansieringsooreenkoms van 165-miljard-rand en beklemtoon die dringendheid om Suid-Afrika se afhanklikheid van steenkool te verminder. Die land is bereid om die 390-miljard-rand voor te skiet wat Suid-Afrika benodig om meer son- en windkrag in die nasionale netwerk in te voer om sy energiesekerheid te verseker. Die minister van Energie, Dion George, het by ʼn vergadering van die Presidensiële Klimaatskommissie toegegee die regering moet sy afhanklikheid van steenkool verminder.
# En, sokker: Lionel Messi keer vandag terug tot die spel by sy klub, Inter Miami, nadat hy twee maande lank buite aksie was met ʼn enkelbesering. Inter Miami, die voorloper in die Eastern Conference en boaan die algehele punteleer, is gashere vir die Philadelphia Union. Messi het sy regterenkel op 14 Julie beseer tydens die eindstryd van die Copa America toe hy Argentinië gehelp het om Colombië te klop. Hy het agt van die MLS-wedstryde van sy klub misgeloop asook vandeesmaand se kwalifiseerders vir die Wêreldbeker vir sy land.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….