Nuus 08:00
BULLETIN 12 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC sal Maandag besin oor Mkhwanazi se bewerings
# Die Verbruikerskommissie herroep die Range Rover Evoque en Mercedes Benz-voertuie
# En rugby: Daar is agt toetse vir entoesiaste hierdie naweek
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die onthullings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi oor beweerde korrupsie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is nou in die regering se hande. Mbalula het op ‘n nuuskonferensie in Barberton, Mpumalanga, aangekondig die party sal Maandag tydens sy gewone leierskapsvergadering oor die saak besin, nadat president Cyril Ramaphosa die land Sondag toegespreek het:
# Die Padverkeersbestuurskorporasie het bevestig sy uitvoerende hoof, Makhosini Msibi, is op voorsorg-skorsing geplaas. Dit volg na fluitjieblasers hom van finansiële misdrywe, onreëlmatige besteding en bestuursmislukkings beskuldig het. Die skorsing, effektief vanaf 1 Julie, is vir 30 dae, maar kan verleng word. Die raad het ’n forensiese ondersoek na die bewerings gelas. Die woordvoerder van die Departement van Vervoer, Collen Msibi, sê Refilwe Mongale is as tussentydse uitvoerende hoof aangestel om kontinuïteit tydens die ondersoek te verseker:
# Die Nasionale Verbruikerskommissie het aangekondig hy herroep sekere Range Rover Evoque- en Mercedes-Benz-modelle weens veiligheidsrisiko’s. Jaguar Land Rover herroep die 2021 tot 2025 Evoque-modelle oor foutiewe lugsakke wat kan skeur wanneer dit geaktiveer word, terwyl ‘n fout op die stroombaanpaneel in sekere 2023 Mercedes-Benz-modelle kragverlies kan veroorsaak of die gevaar van ‘n brand kan verhoog. Phetho Ntaba van die kommissie versoek verbruikers wat geraak is om goedgekeurde handelaars te besoek vir gratis herstelwerk:
# Brittanje het hervormings aan sy Handelskema vir Ontwikkelende Lande aangekondig om Afrikalande se uitvoere te bevorder en ekonomiese bande te versterk. Die hersiene skema vereenvoudig die reëls van oorsprong en gee nul of verlaagde heffings vir duisende items. Die Britse minister van Ontwikkeling, Jenny Chapman, sê ontwikkelende lande wil handel dryf, en nie hulp ontvang nie. Die hervormings sluit 65 lande in, met ondersteuning om aan Britse standaarde te voldoen en diensuitvoere moontlik te maak. Afrika-uitvoere na Brittanje het verlede jaar 67-miljard-rand beloop.
# En ten slotte sportnuus:
# Fietsry: Tadej Pogacar het die sewende skof van die Tour de France gewen ehn weer die algehele voortou geneem. Jonas Vingegaard was op Pogacar se agterwiel en is tweede oor die wenstreep, met die Brit Oscar Onley derde. Pogacar is die verdedigende kampioen, en het Vingegaard met vier sekondes ingehaal. Op die algehele punteleer is Remco Evenepoel nou tweede, 54 sekondes agter Pogacar nadat hy sesde in die skof klaargemaak het. Die Franse ster Kevin Vauquelin skitter steeds in die derde plek, met die tweemalige kampioen Vingegaard vierde. Die oornag-leier Mathieu van der Poel is vyfde.
# En rugby: Liefhebbers van die spel kan die naweek uitsien na agt toetse. Fidji en Skotland het vroegoggend die aksie afgeskop in Suva, gevolg deur Japan en Wallis in Kobi, en die tweede toets tussen die All Blacks en Frankryk in Wellington. Net na vyfuur vanmiddag draf die Springbokke en Italië op die veld in Gqeberha vir die tweede toets. Portugal verwelkom Ierland in Dafundu, Uruguay en Roemenië speel in Montevideo, en Argentinië en Engeland pak mekaar in Pocito. Môre verwelkom Amerika vir Spanje in Bremen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….