Nuus 08:00
BULLETIN 22 Augustus 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente sê hy maak vordering
# Duikers het nog lyke gevind ná die Sisilië-seiljagwrak
# En motorsport: MotoGP begin in 2025 en 2026 in Thailand
# Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente sê hy vorder met die uitbetaling van fondse aan studente by universiteite en TVET-kolleges. Die skema het die parlementêre portefeuljekomitee vir Hoër Onderwys gister op hoogte gebring. Die skema het 94-duisend-469 klagtes ontvang waarvan 63-persent opgelos is terwyl 35-duisend-226 nog onopgelos is. Die administrateur, Freeman Nomvalo, sê die grootste probleem is om seker te maak die geld vir studente se verblyf word betyds uitbetaal:
# AfriForum sê munisipale skuld het ‘n ernstige uitwerking op watervoorsiening, met onbetaalde rekeninge en finansiële wanbetaling wat waterrade strem en toegang tot skoon water bedreig. Die burgerregte-organisasie sê munisipale oplossings is onvoldoende en verhoogde privaat sektor- en gemeenskapsbetrokkenheid is nodig. Lambert de Klerk van AfriForum vra vir openbare-privaat vennootskappe as ‘n meer doeltreffende manier om volhoubare en betroubare waterdienste te verseker:
# Die liggame van vyf van die ses vermiste passasiers van die super-seiljag, Bayesian, is gevind. Die boot het vroeër die week tydens ‘n tornado aan die kus van Sisilië gesink. Die Italiaanse kuswag het nie die liggame amptelik geïdentifiseer nie. Die Britse tegnologie-entrepreneur, Mike Lynch, sy tienerdogter Hannah Lynch, en die voorsitter van Morgan Stanley International, Jonathan Bloomer, is onder die vermiste persone. Vyftien van die 22 mense aan boord het oorleef.
# Motorsport: Die MotoGP-seisoen in 2025 en 2026 spring in Thailand weg, die eerste keer in meer as 25 jaar dat die kampioenskap in Suidoos-Asië begin. Die eerste wedren van die 2025 is op 2 Maart volgende jaar op die Buriram-renbaan, baie vroeër as sy huidige plek in laat-Oktober. Die eerste MotoGP daar was in 2018 maar weens die Covid-19-pandemie is geen wedrenne in 2020 of 2021 daar gehou nie. Die seisoen het in die onlangse verlede tradisioneel in Katar begin hoewel die eerste wedren verlede jaar in Portugal plaasgevind het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-88-sent teen die dollar, 19-rand-93-sent teen die euro en 23-rand-41-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-341-dollar-14-sent. Die prys van goud is twee-duisend-501-dollar-93-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 76-dollar-3-sent per vat.
# En ten slotte: President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika se geliefde wiskunde- en wetenskaponderwyser, William Smith, as ʼn onderwys- en kultuur-ikoon beskryf. Die 85-jarige Smith is na ʼn kort stryd teen kanker in Australië dood. Hy het in 2019 die Orde van die Kremetart in Silwer ontvang vir sy uitstekende bydrae om wiskunde en wetenskap meer verstaanbaar te maak. Ramaphosa sê Smith se passie vir sy leerplan en die sukses van diegene wat hy in klaskamers, by matriekkampe en op televisie onderrig het, het miljoene jong Suid-Afrikaners bevoordeel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….