Nuus 08:00
BULLETIN 18 Augustus 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Dricus du Plessis is steeds die wêreldkampioen nadat hy Israel Adesanya in hulle UFC-kragmeting onder gekry het
# President Ramaphosa doen ‘n oproep vir die afhandeling van billike pademie-ooreenkomste te midde van die uitbreking van A-pokke
# En, Hamas sê vordering met ‘n skietstaking in Gaza is ‘n illusie
# Suid-Afrika se UFC middelgewig-kampioen, Dricus du Plessis, het sy gemengde gevegskunstitel vanoggend in Perth, Australië, suksesvol verdedig toe hy die Nigeries-gebore Nieu-Seelander Israel Adesanya in die vierde rondte met ‘n wurggreep om die nek op die grond vasgepen het. Die 30-jarige Du Plessis het sy titel in Januarie in ‘n geveg teen die Amerikaner Sean Strickland gewen. Die Springbok-rugbyspan het ná hul oorwinning gister teen die Wallabies hul heelhartige ondersteuning aan Du Plessis gegee. Kaptein Siya Kolisi en slot Eben Etzebeth het Du Plessis na die agtkantige kryt vergesel. Perth is die naweek deur Suid-Afrikaners oorgeneem danksy die Bokke se oorwinning en Du Plessis se geveg.
# President Cyril Ramaphosa doen ‘n beroep op die internasionale gemeenskap om ‘n billike pandemie-ooreenkoms te finaliseer na die uitbreking van A-pokke. Ramaphosa, wat die leier is van die Afrika-unie se Pandemie-voorkomingsgroep, het kommer oor die skerp toename in gevalle uitgespreek. Meer as 17-duisend gevalle en 517 sterftes is die jaar in dertien AU-lidlande aangemeld. Ramaphosa het gevra vir steun aan Afrika-sentrums vir Siektebeheer en Voorkoming se verklaring van A-pokke as ‘n openbare gesondheidsnoodsituasie. Hy doen ‘n beroep vir gelyke toegang tot entstowwe en hulpbronne en beklemtoon die behoefte aan wêreldwye samewerking om die krisis die hoof te bied.
# Eskom het herhaal sy Save your Transformers, Saves Lives-veldtog is bedoel as ‘n oproep op die publiek om onwettige verbindings te vermy en agterdogtige bedrywighede aan te meld. Die woordvoerder, Daphne Mokoena beklemtoon terwyl beurtkrag opgehef is, duur oorladingskwessies voort weens onwettige optrede wat onbeplande kragonderbrekings tot gevolg het. Sy benadruk die belangrikheid van kragaankope slegs by gelisensieerde agente:
# ActionSA sê hulle sal die Johannesburgse uitvoerende komitee tot verantwoording roep ondanks hul steun aan burgemeester Dada Morero. Funzi Ngobeni van ActionSA het die behoefte aan die stabilisering van bestuur en ‘die versekering ‘n waarborg van doeltreffende voorpunt-dienslewering beklemtoon. Ngobeni het konstruktiewe wetgewende toesig oor infrastruktuurvernuwing en vernuwing van die middestad belowe. Hy het ook gevra dat korrupsie en die stad se rekeningkrisis aangepak word om Johannesburg se vooruitgang en groei te herstel:
# Hamas sê gerugte van vordering met ‘n skietstilstandsooreenkoms met Israel oor Gaza is ‘n illusie. Amerika se president, Joe Biden, het ná twee dae se samesprekings in Katar Vrydag gesê hulle is nader as ooit aan ‘n skietstaking. Die kantoor van Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gister gesê Israel se onderhandelaars is versigting optimisties oor vorderling met ‘n ooreenkoms met Hamas. ‘n Senior Hamas-amptenaar het egter vroeër aan die BBC gesê daar was geen vordering nie en onderhandelaars verkoop drogbeelde. Die onderhandelaars egter sê die afgelope twee dae se gesprekke oor ‘n skietstilstand was “ernstig, konstruktief en het in ‘n positiewe atmosfeer plaasgevind”.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….