Nuus 08:00
BULLETIN 6 Augustus 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering sê hy werk daaraan om Suid-Afrika se handelsargitektuur te verbreed
# Die polisie behaal groot deurbrake teen georganiseerde misdaad
# En die Amerikaanse Kuswag sê die Titan-duikbootramp kon voorkom word
# Die regering sê Suid-Afrika bly verbind tot ‘n beginselvaste en diplomatieke oplossing vir die 30-persent tariefverhoging op uitvoere na Amerika in ʼn poging om ʼn wedersyds voordelige handelsooreenkoms te bereik. Amerika is Suid-Afrika se derde grootste handelsvennoot waarheen 7,5-persent van die land se uitvoere heen gaan. Die regeringswoordvoerder, Nonkululeko Mtshali, sê die land probeer bande met Amerika versterk, maar ook om sy wêreldwye handelsargitektuur uit te brei:
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê hy het tussen 27 Julie en 2 Augustus aansienlike oorwinnings behaal oor georganiseerde misdaad en ernstige oortredings. Intelligensie-gedrewe en gekoördineerde operasies reg oor die provinsies het gelei tot die inhegtenisneming van 17-duisend-54 verdagtes. ʼn Polisiewoordvoerder, Vincent Mukhathi, sê twee-duisend-911 gesoekte verdagtes is gearresteer. Hy sê 179 verdagtes is hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en Gauteng vir moord in hegtenis geneem:
# Die DA in Gauteng het premier Panyaza Lesufi beskuldig dat hy terugkrabbel oor die verwyderings van die Gesondheidsdepartement se hoof, Lesiba Malotana. Die premier sê hy sal oor Malotana se toekoms besluit sodra sy leefstyloudit afgehandel is en voeg by die inligting tans tot sy beskikking is onvoldoende. Jack Bloom van die DA sê Lesufi moet as premier bedank as hy nie Malotana, wat blykbaar baie hoë politieke beskerming het, kan verwyder nie:
# Die Amerikaanse kuswag se Mariene-ondersoekraad het bevind die noodlottige inploffing van OceanGate se Titan-duikbootjie was voorkombaar. Dit het in Junie 2023 in die Atlantiese Oseaan verdwyn toe dit na die Titanic-wrak afgesak het. Dit het na 90-minute ingeplof en al vyf mense aan boord, insluitend OceanGate se uitvoerende hoof, Stockton Rush, is dood. ʼn Verdoemende verslag van 335 bladsye het bevind die duikbootjie se ontwerp, sertifisering, onderhoud en inspeksieproses was onvoldoende. Ondersoekers het tot die gevolgtrekking gekom Rush was nalatig wat bygedra het tot vier mense se dood.
# Kriekt: Die omvang van Chris Woakes se besering behoort binnekort duidelik te wees na sy heldhaftige kolfbeurt in die vyfde toets teen Indië in Londen. Hy het sy skouer beseer op die eerste dag op die Oval, maar moes op die laaste dag kolf om die wedstryd te probeer wen. Sy kolfmaat, Gus Atkinson, het hom beskerm teen die boulers, maar hulle het met ses lopies verloor. Hoofafrigter Brendon McCullum beskryf Woakes se bydrae as baie dapper, al het die nederlaag beteken dat die reeks onbeslis geëindig het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-86-sent teen die dollar, 20-rand-67-sent teen die euro en 23-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 113-duisend-458-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-373-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 67-dollar-79-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….