Nuus 08:00
BULLETIN 2 Augustus 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Polisie is bekommerd oor die skerp toename in ontvoerings in Suid-Afrika
# Die minister van Openbare Werke-minister vra vir verantwoording ná ‘n oorsigbesoek aan Telkom-Towers
# En, Olimpiese Spele: Andy Murray speel die laaste wedstryd van sy loopbaan
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die skerp styging in ontvoerings is ‘n groot probleem, maar hy glo die teen-ontvoeringseenhede op nasionale en provinsiale vlak, maak vordering. Die polisie het verlede jaar 15-duisend-342 ontvoerings aangeteken wat ʼn geweldige toename is teenoor die vier-duisend-306 in 2013/2014. In die jongste voorval is die sakeman, Ashraf Kaka, Woensdag uit ʼn huis in Lenasia, Johannesburg, gered. Agt verdagtes is in verband met die ontvoering vasgetrek. Masemola sê die toename in ontvoerings hou verband met ander misdade soos verkragting en voertuigkaping.
# Die vakbondfederasie, Saftu, versoek die regering en munisipaliteite om waterbestuur te verbeter en om in infrastruktuur te belê om watertekorte aan te spreek. Die federasie is onthuts deur die gereelde onderbrekings in verskeie provinsies wat hulle toeskryf aan vertraging met instandhouding en swak bestuur. Hulle voer aan hierdie tekorte is buite verhouding ten opsigte van arm en werkersklas-gemeenskappe, wat beduidende gesondheidsrisiko’s inhou en sanitasie benadeel. ‘n Woordvoerder van Saftu, Mogoshadi Maserumule, vra vir verhoogde aanspreeklikheid en doeltreffende hulpbronbestuur om die krisis aan te spreek:
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, en die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, het Telkom-toring in die Pretoriase middestad geïnspekteer. Dit volg op ‘n voortgesette ondersoek na die verkryging en ontwikkelings. Ten spyte van 695-miljoen-rand wat in 2016 bestee is en meer as 200-miljoen-rand in opknappings, is die gebou steeds onbewoonbaar. Macpherson eis aanspreeklikheid. Burgemeester Brink ondersoek strategieë om te voorkom noodsaaklike stadsgeboue gaan agteruit:
# Minstens 15 mense is gister dood en tientalle beseer in Israelse lugaanvalle op ʼn skuiling in Shujaya, sentraal-Gaza. Gaza se burgerlike weermag sê drie missiele het die Dalal al-Mughrabi-skool getref waar honderde ontheemde mense skuiling gesoek het. Die Israelse Weermag sê Hamas het die skool gebruik as wegkruipplek vir bevelvoerders en operateurs, en om terreuraanvalle teen die land te beplan. Dit volg na die dood van Hamas se politieke leier, Ismail Haniyeh, en ʼn senior Hisbolla-bevelvoerder.
# Olimpiese Spele: Andy Murray van Brittanje se roemryke tennisloopbaan is verby nadat hy en Dan Evans in die kwarteindronde in Parys by die mans-dubbelspel uitgeskakel is. Murray, ʼn tweemalige Olimpiese enkelspelkampioen, en Evans het met 6-2, 6-4 teen die derde gekeurde Amerikaners, Taylor Fritz en Tommy Paul, verloor. Die 37-jarige Murray het tydens sy loopbaan drie Grand Slam-titels en 46 ATP-titels opgeraap. Hy het Brittanje in 2015 ook na ʼn Davisbeker-oorwinning gelei. Murray sê hy is trots op sy loopbaan:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-27-sent teen die dollar, 19-rand-73-sent teen die euro en 23-rand-25-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-392-dollar-84-sent. Die prys van goud is twee-duisend-456-dollar-51-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-11-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….