Nuus 08:00
BULLETIN 16 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF sê Staatsveiligheid is grootliks nutteloos en onproduktief
# Eskom gaan voort met ladingvermindering in Gauteng
# En Trump verkies JD Vance as sy visepresident
# Die EFF sê Staatsveiligheid bly grootliks nutteloos en onproduktief, veral na die vernederende vertoning van onbevoegdheid na die Julie 2021-onluste. Die party het gister die Departement van Staatsveiligheid se voorgestelde begroting van 4,4-miljard-rand in die Parlement verwerp. Die EFF se sekretaris-generaal, Marshall Dlamini, sê die land se intelligensie-agentskappe moet nog talle gevalle van infiltrering, verkeerde inligting en inligting-smouse in sy geledere uitwys:
# Rise Mzansi sê gehalte basiese onderwys is ‘n reg, nie ‘n voorreg nie, en kritiseer die bestaande dubbelstelsel wat rykes bevoordeel. Hulle vra ook vir universele toegang tot gehalte onderwys, veilige leeromgewings asook beter belegging in skoolleierskap en onderwyser-ontwikkeling. ‘n Woordvoerder van Rise MZANSI, Makashule Gana, het die regering versoek om voorrang aan hierdie kwessies in die begroting te gee om te verseker geen kind word agtergelaat nie:
# Eskom in Gauteng sê hy stel weer ladingvermindering in die provinsie in omdat onwettige verbindings en diefstal van elektrisiteit steeds transformators oorlaai. Ladingvermindering is ‘n gevestigde proses wat die kragvoorsiener in spesifieke gebiede gebruik wanneer daar genoeg krag is, maar die gevaar bestaan dat ʼn transformator oorlaai kan word. Eskom se woordvoerder Amanda Qithi, sê ʼn transformator wat weens oorlading beskadig word, kan ʼn gebied tot ses maande sonder krag laat:
# Die Republikeinse Nasionale Konvensie het oudpresident Donald Trump amptelik as die party se presidentskandidaat vir die verkiesing in November benoem. Trump het daarna die Ohio-senator, JD Vance, as sy visepresident aangewys. Vance, ʼn waagkapitalis, was voorheen een van Trump se konserwatiewe kritici, wat Trump selfs as Amerika se Hitler beskryf het. Die 39-jarige Vance het homself die afgelope jare as Trump-ondersteuner onderskei en kon uiteindelik in die 2022 Ohio-senaatwedloop op Trump se ondersteuning staatmaak. President Joe Biden het Vance ʼn Trump-kloon genoem.
# Gholf: Die 15-malige Major-kampioen, Tiger Woods, is hierdie week in aksie in Die Ope by Royal Troon in Skotland nadat hy verlede jaar se kompetisie weens ʼn besering misgeloop het. Die wêreld se voormalige nommer een wil die eerste keer sedert 2019 in een jaar in al vier Majors meeding. Die 48-jarige Amerikaner het nie vanjaar die halfpad-afsnypunt van die Amerikaanse PGA-kampioenskap en die Amerikaanse Ope gehaal nie en het sedertdien nog nie gespeel nie. Woods hou egter vol hy voel sterk genoeg om deel te neem. Brian Harman van Amerika is die verdedigende kampioen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-20-sent teen die dollar, 19-rand-83-sent teen die euro en 23-rand-60-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-801-dollar-59-sent. Die prys van goud is twee-duisend-429-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 84-dollar-65-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….