Nuus 08:00
BULLETIN 11 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mbalula verwerp bewerings die ANC gedwing is om met DA saam te werk
# Equal Education wil hê Zizi Kodwa as parlementslid verwyder word
# En, tennis: Suid-Afrika se Kgothatso Montjane dring deur na die kwarteindronde by Wimbledon
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het bewerings ontken dat hulle deur groot sakeondernemings gedwing is om in die regering van nasionale eenheid met die DA saam te werk. Die DA het ses van die 32 ministersposte en ses van die 43 adjunkminister-poste in die nuwe Kabinet gekry. Mbalula sê in ‘n onderhoud met die SABC daar word te veel gewag gemaak van kapitaal en dié wat die produksiemiddele besit:
# Equal Education dring aan dat Zizi Kodwa, wat van korrupsie beskuldig word, as parlementslid en lid van die Basiese Onderwys-portefeuljekomitee verwyder word. Die voormalige minister van Sport, Kuns en Kultuur staar aanklagte van korrupsie in die gesig omdat hy blykbaar meer as 1,7-miljoen-rand as gunsloon van die gewese EOH-hoof, Jehan Mackay, ontvang het. Equal Education sê die aanklagte wek ernstige kommer oor Kodwa se geskiktheid vir die rol in die nasionale wetgewer. Hy sê die belangrikheid van etiese regering en die hoogste vlakke van integriteit kan nie oorbeklemtoon word nie.
# Die ANC-jeugliga vra groter padveiligheid en waaksaamheid na die dood as twaalf leerders en hulle vervoerbestuurder in Carletonville. Die minibus waarin die leerders was is na bewering van agter getref deur ‘n bakkie, wat dit laat omslaan en ‘n brand veroorsaak het. Nog sewe leerders is beseer en in die hospitaal opgeneem. Die nasionale woordvoerder Zama Khanyase sê die liga stuur medelye aan die families en die Rocklands Primary School- en Laerskool Blyvooruitsig-leerders en personeel:
# ʼn Britse weermagveteraan wat gesoek is ná die dood van drie vroue, is gister naby ʼn begraafplaas in Noord-Londen opgespoor. Die slagoffers was die vrou en twee dogters van die BBC se wedren-kommentator, John Hunt. Hulle is met ʼn kruisboog in hul huis in Bushey, Hertfordshire, vermoor. Die polisie sê die 26-jarige Kyle Clifford was aan die slagoffers bekend en niemand anders word in verband met die ondersoek gesoek nie.
# Tennis: Die Italianer Lorenzo Musetti is deur na sy eerste Wimbledon-halfeindronde. Die 22-jarige speler het die Amerikaner, Taylor Fritz, met 3-6, 7-6, 6-2, 3-6, 6-1 geklop om die vierde Italiaanse mans-enkelspelspeler in die toernooi se geskiedenis te word wat die halfeindronde bereik. Hy en die Serwiër Novak Djokovic spook sake uit vir ʼn plek in die eindstryd. Kgothatso Montjane van Suid-Afrika is in die dames se rolstoel-enkelspel-kwarteindronde nadat sy die Brit, Lucy Shuker met 6-2, 6-0 verslaan het. Musetti sê die wedstryd teen Djokovic sal ʼn uitdaging wees:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-10-sent teen die dollar, 19-rand-62-sent teen die euro en 23-rand-29-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-328-dollar-50-sent. Die prys van goud is twee-duisend-379-dollar-28-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 85-dollar-72-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….