Nuus 08:00
BULLETIN 6 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Tesourie meld meer as 10-miljard-rand se onbetaalde regeringsfakture aan
# Nog 27 atlete word by Span Suid-Afrika gevoeg vir die Olimpiese Spele in Parys
# En, ‘n reeks kouefronte tref Suid-Afrika van hierdie naweek af
# Die Nasionale Tesourie sê die nasionale en provinsiale regerings het nog nie meer as tien-miljard-rand se fakture uit die 2023/24-boekjaar betaal nie. Meer as een-duisend-400 fakture is uitstaande ondanks wetgewing wat betaling binne 30 dae bepaal. Die hoofdirekteur, Moipone Ramoipone, bevestig die Departement van Justisie en van Openbare Werke as die ergste oortreders. Ramoipone noem kwessies soos fakture wat verkeerd liasseer is en kontantvloei-probleme, en beveel tugstappe en beter oorsig aan:
# Die Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienste-vakbond het kommer uitgespreek oor dwelmverspreiding in tronke na die inhegtenisneming van twee dwelmmuile op pad na die Helderstroom-korrektiewe eenheid in die Wes-Kaap. Die vakbond sê toenemende bendebedrywighede en korrupsie bedreiging die rehabilitasiestelsel. Woordvoerder Alude Jizana doen ‘n beroep vir verbeterde veiligheidsmaatreëls, samewerking met wetstoepassing en ondersteuningsprogramme vir die herstel van verslaafdes om die kwessie behoorlik te takel:
# Rachel Reeves het Brittanje se eerste vroulike minister van Finansies geword toe die nuwe eerste minister, Keir Starmer, die eerste lede van sy kabinet aangekondig het. Sy is een van talle vroue in die uitvoerende gesag, wat ook Angela Rayner insluit as adjunk-eerste minister, Yvette Cooper as minister van Binnelandse Sake, Bridget Phillipson as minister van Onderwys, en Shabana Mahmood as minister van Justisie. David Lammy is aangestel as minister van Buitelandse Sake, John Healy lei Verdediging, Ed Milliband is in beheer van Energie en Wes Streeting is die minister van Gesondheid.
# Olimpiese Spele: Nog 27 atlete is in Span Suid-Afrika ingesluit vir die Spele in Parys. Dit sluit die Blitsbokke in, asook die Britse Ope-kampioen-gholfspeler, Ashleigh Buhai, wat haar Olimpiese debuut sal maak. Suid-Afrika wil aan 19 van die 32 sportkodes deelneem, en die span bestaan tans uit 140 lede. Die Blitsbokke het reeds ‘n voorlopige groep van 16 aangewys wat verklein sal word tot 12 plus twee plaasvervangers. Die Spele begin die 26ste van die maand in die Franse hoofstad.
# En, die Weerdiens het gewaarsku oor naderende kouefronte hierdie naweek, met temperature wat na verwagting dramaties sal daal. Sneeu word vanaf vandag oor die Wes-Kaapse berge voorspel, wat môre na die Oos-Kaap sal uitbrei. Celeste Fourie van die Weerdiens sê die eerste kouefront sal temperature aansienlik verlaag. Volgende week word vyf kouefronte verwag, wat koue en reënerige weer na die Wes-Kaap sal bring.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….