Nuus 08:00
BULLETIN 2 Desember 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa vra meer fondse om klimaatsverandering te hanteer [KLANK]
# Verkope van nuwe voertuie neem af in November
# En, krieket: Indië klop Australië weer en palm die T20-reeks in
# President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep gedoen vir verhoogde bydraes tot die nuwe Fonds vir Verlies en Skade om klimaatsverandering teen te werk. Ramaphosa het wêreldleiers toegespreek op die COP28-klimaatspitsberaad en Afrika se kwesbaarheid vir klimaatsverandering en die belangrikheid van ‘n werksprogram oor nasionale en internasionale regverdige oorgang oor ekonomiese sektore heen beklemtoon. Ramaphosa het benadruk klimaatsoptrede is lewensbelangrik vir Suid-Afrika se volhoubare ontwikkeling. Hy vra multilaterale optrede moet steeds ‘n sentrale rol speel in wêreldwye klimaatsoptrede:
# Adjunkpresident Paul Mashatile het gemeenskappe gevra om leiding te neem in die stryd teen die MIV/Vigs-pandemie. Hy het die amptelike Wêreld-Vigsdag-geleentheid in KwaZulu-Natal toegespreek. Mashatile het ook gevra vir die beskerming van tienermeisies, want die jongste statistiek toon hulle is weerloos teen besmetting:
# Die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers van Suid-Afrika sê nuwe voertuigverkope was in November 13,4-persent laer as in dieselfde maand verlede jaar. Die verkope van nuwe passasiersmotors het jaar-op-jaar met 12,5-persent gedaal. Binnelandse verkope van nuwe ligte handelsvoertuie, bakkies en minibusse het met 16,2-persent afgeneem. Die swaar vragmotor- en bus-segmente van die bedryf het ‘n afname van 10,7-persent getoon. Die enigste goeie nuus is verlede maand se algehele uitvoerverkope het voortgegaan in ooreenstemming met algemene bedryfsverwagtinge en met 23,5-persent toegeneem.
# ‘n Versoek deur die Wêreldgesondheidsorganisasie vir meer inlgiting oor ‘n skerp toename in asemhalingsiektes en gevalle van longontsteking onder kinders in China het wêreldwyd aandag getrek. Die WGO sê gesondheidsowerhede het na wat berig word nie enige nuwe of buitengewone patogene opgespoor nie en dokters en openbare gesondheidsowerhede sê daar is geen tekens wat internasionale kommer regverdig nie. Reuters berig die owerhede in Taiwan het egter dié week ouer mense, baie jong kinders en diegene met swak immuniteit aangeraai om nie na China te reis nie. Die toename in asemhalingsiektes word aangeteken terwyl China met sy eerste volle winter te doen het sedert streng Covid-19 beperkings opgehef is.
# En, krieket: Rinku Singh se blitsige 46 en die draaibal-aanval gelei deur Axar Patel het Indië gister ‘n 20-lopie oorwinning oor Australië besorg in die vierde Twintig20-wedstryd in Raipur. Dit het hulle ook die reeks laat inpalm. Indië het 174 vir nege aangeteken nadat die besoekoers gekies het om eerste veldwerk te doen. Hulle het Australië toe beperk tot 154 vir sewe, wat hulle ‘n voorsprong van 3-1 in die reeks van vyf wedstryde gegee het. Die laaste wedstryd word môre in Bengaluru gespeel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….