Nuus 08:00
BULLETIN 28 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu verwelkom Eskom se verbintenis om in transformators te belê
# Saftu sê die gebrek aan aanspreeklikheid vir korrupsie het die krisis by staatsondernemings aangewakker
# En motorsport: Verstappen bevestig hy sal volgende jaar vir Red Bull jaag
# Cosatu het Eskom se goeie voorneme verwelkom om in transformators te belê wat oor die volgende vier jaar 28 gigawatt tot die kragnetwerk kan byvoeg. Matthew Parks van Cosatu sê indien dit suksesvol voltooi word, kan beurtkrag omskep in slegs ‘n slegte herinner van die verlede. Parks sê die beoogde byvoeging van 101 transformators oor die volgende vier jaar – en nóg 69 teen 2032- sal basies die opwekkingsvermoë met 53-gigawatt verhoog:
# Saftu sê die gebrek aan aanspreeklikheid vir korrupte aktiwiteite het die krisis by staatsondernemings soos Eskom veroorsaak en op die lange duur landsburgers se lewens geraak. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die 2023 Global Corruption Perception Index plaas Suid-Afrika op nommer 41 uit 195 lande in die wêreld wat korrupsie in die openbare sektor betref:
# Die Suid-Afrikaanse jeug is aangemoedig om ywerig te bly in hul entrepreneurskapsreis. Green Youth Indaba se voorsitter, Sanele Zulu, het die noodsaaklikheid beklemtoon om geleenthede te bied en die hoë werkloosheidsprobleem aan te pak. Zulu het met die SABC gepraat en die belangrikheid van entrepreneurskapsopvoeding en begrip van wetgewende bepalings vir ondernemings beklemtoon. Hy het ‘n beroep op jong entrepreneurs gedoen om proaktief geleenthede te soek om die ekonomie te verbeter en werkloosheid aan te spreek:
# Die bevelvoerder van die leër in Bolivia, generaal Juan José Zúniga, is in hegtenis geneem na ‘n gepoogde staatsgreep gister in die Suid-Amerikaanse land. Sky News berig gewapende Boliviaanse magte het die hoofplein in die land se hoofstad oorgeneem en ‘n gepantserde voertuig het die ingang na die presidensiële paleis platgery. Op TV is gewys daar is twee tenks en ‘n aantal soldate voor die regeringspaleis in La Paz. President Luis Arce het gewaarsku ‘n “onreëlmatige” ontplooiing van troepe het plaasgevind. Dit is onseker waarvan die generaal aangekla sal word.
# Motorsport: Die driemalige wêreldkampioen Max Verstappen het uiteindelik bevestig dat hy volgende seisoen vir Red Bull gaan jaag. Mercedes het voelers na die 26-jarige Nederlander uitgesteek ten spyte van sy kontrak met Red Bull wat eers einde 2028 verstryk, en sy huidige motor wat hierdie seisoen sewe uit tien wedrenne gewen het. Verstappen het by ‘n nuuskonferensie voor die Oostenrykse Grand Prix gesê hy werk saam met die Red Bull-span en fokus daarop om volgende jaar weer mededingend te wees.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-49-sent teen die dollar, 19-rand-78-sent teen die euro en 23-rand-37-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-766-dollar-67-sent. Die prys van goud is twee-duisend-323-dollar-49-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 85-dollar-57-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….