Nuus 08:00
BULLETIN 27 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# AZAPO veroordeel die vertraging met die aanstelling van ‘n kabinet
# Die DA sê die noodlottige Metrobus-skietery in Johannesburg wek ernstige kommer oor passasiersveiligheid
# En krieket: Suid-Afrika is deur na die eindstryd van die T20 Wêreldbeker
# Die Azanian People’s Organisation het die vertraging om die sewende administrasie se kabinet saam te stel, veroordeel en sê dit hou die kiesers en die nasie gyselaar. AZAPO se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê volgens Artikel 94 van die Grondwet bestaan die sesde administrasie se kabinet nie meer sodra die nuwe president ingehuldig is nie:
# Die DA in Johannesburg sê die noodlottige skietery op ‘n vrou op ‘n Metrobus in Roodepoort laat ernstige kommer ontstaan oor passasiersveiligheid in die stad. Tyrell Meyer van die DA sê ondanks die miljoene wat die stad bestee aan toesigstelsels, het ‘n rondloper dit reggekry om ‘n bus te steel en dit ‘n paar kilometer te bestuur:
# Die Stad Kaapstad vra Eskom in die Wes-Kaap om nie sy gemeenskapsdienssentrums permanent te sluit nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, sê die permanente sluiting van dienssentrums sonder behoorlike maatreëls in plek vir alle gemeenskappe sal toegang tot elektrisiteitsdienste vir talle inwoners van Kaapstad raak:
# Die polisie in Bolivia het die leier van ‘n staatsgreeppoging gearresteer ure nadat soldate die presidensiële paleis in die hoofstad La Paz bestorm het. Gepantserde voertuie en soldate op Murillo-plein waar belangrike regeringsgeboue is, het later onttrek. Die rebelleleier in beheer, Juan José Zúñiga wat nou onder arres is, sê hy wou die demokrasie herstruktureer deur die regering te verander. President Luis Arce het die staatsgreeppoging veroordeel en doen ʼn beroep op die publiek om ten gunste van demokrasie te mobiliseer.
# Krieket: Die Proteas is vir die eerste keer ooit deur na die T20-wêreldbeker-eindstryd nadat hulle Afghanistan met nege paaltjies verslaan het. Afghanistan het die loot gewen by die Brian Lara-stadion in Tarouba, Trinidad, en besluit om eerste te kolf. Hulle was egter na 11 boulbeurte en vyf balle op 56 almal uit. Dis die laagste telling in ʼn T20-wêreldbeker-halfeindronde en ook die laagste teen Suid-Afrika. Die Proteas het geantwoord met 60 lopies vir die verlies van een paaltjie na agt boulbeurte. Die tweede halfeindwedstryd tussen Indië en Engeland vind vanmiddag plaas en die eindwedstryd Saterdag.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-14-sent teen die dollar, 19-rand-40-sent teen die euro en 22-rand-92-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-en-13-dollar-75-sent. Die prys van goud is twee-duisend-298-dollar-65-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 84-dollar-25-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….