Nuus 08:00
BULLETIN 23 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Everest Wealth sê die nuwe kabinet-aanstellings sal die rigting van ekonomiese hervorming bepaal
# Gemeenskappe vra die 7de administrasie om aanspreeklikheid in die mynbousektor voorop te stel
# En, rugby: Die Springbokke skop hulle lewe na die Rugby Wêreldbeker af met ‘n oorwinning oor Wallis
# Everest Wealth sê die aanstelling van president Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet sal die regering van nasionale eenheid toets. Daar is groot afwagting oor of Ramaphosa dapper sal wees ter wille van ekonomiese hervorming met sleutel-aanstellings, veral in portefeuljes soos finansies. Terwyl daar verwag word die DA sal kabinetsposte kry, bly beleidsverskille tussen koalisievennote ‘n uitdaging. Die uitvoerende hoof van Everest Wealth, Thys van Zyl, sê die nuwe kabinet sal deurslaggewend wees teen ongelykheid, armoede en werkloosheid, en vir die herstel van beleggersvertroue.
Intussen het die groep Mining Affected Communities United in Action ‘n beroep op die sewende administrasie gedoen om aanspreeklikheid in die mynbousektor voorop te stel. Die voorspraakgroep beskuldig mynondernemings van die plundery van gemeenskapsrykdom en sê hulle voldoen nie aan maatskaplike en arbeidsplanne nie. Hulle eis wysigings aan die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne om te verseker mynondernemings word aanspreeklik gehou vir hul optrede. Magnificent Mndebele van die groep versoek sterker gemeenskapsregte:
# Die Vereniging van Staasamptenare herdenk vandag Staatsdiensdag, en erken die prestasies en uitdagings van openbare sektor-werknemers in Suid-Afrika. Ondanks korrupsie en gebrekkige infrastruktuur, verdedig die vereniging steeds kollektiewe ooreenkomste en bevorder die regte en belange van staatsamptenare. Claude Naiker van die verenging loof die vordering in die demokrasie en maak voorspraak vir regverdige lone, veilige werksomstandighede en professionele ontwikkelingsgeleenthede:
# Rugby: Die Springboks se lewens na die Rugby Wêreldbeker het begin met ‘n roetine-oorwinning van 41-13 oor Wallis op Twickenham. Die wêreldkampioene was met rustyd 14-13 voor. Jesse Kriel, Bongi Mbonambi en Edwill van der Merwe het drieë gedruk, met ‘n strafdrie deur Makazole Mapimpi. Jordan Hendrikse en Sacha Feinberg-Mngomezulu het elk twee doelskoppe en ‘n strafskop bygevoeg. Vir Wallis was daar ‘n drie deur Dewi Lake, en die res van hulle punte was danksy die skopskoen van Sam Costelow.
# En ten slotte: Twee vissermanne in Mississippi in Amerika het helde geword toe hulle 38 honde van verdrinking gered het in Grenada-meer. Bob Gist en Brad Carlisle het gehengel met ‘n gids, Jordan Chrestman, toe hulle afgekom het op die gestrande diere ver van die kus af, almal met GPS-nekbande. Die honde was deel van ‘n jakkalsjag en het ‘n bok die meer ingejaag. Die vissermanne het drie keer kus toe gevaar om die uitgeputte honde te red. Sonmmige van hulle het tot ‘n uur lank water getrap. Die honde is nou veilig terug by hulle dankbare eienaars.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….